Wolverhampton
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Wolverhampton (Engels: [ˌwʊlvərˈhæmptən]) is 'n stad in die graafskap Wes-Midlands van Engeland (Verenigde Koninkryk). Wolverhampton is wes van Birmingham geleë en het 'n bevolking van 263 700 in 2021 gehad. Die lewensverwagting in Wolverhampton het in 2021 78,4 jaar beloop.[1] Dit is bekend vir sy ryk kulturele diversiteit en is 'n florerende sentrum vir kuns en vermaak. Die Grand Theatre is 'n lang gevestigde teater in die hart van die Midlands. Die teater bied 'n wye verskeidenheid groot toerproduksies aan.[2] Wolverhampton het noemenswaardige musikante en kunstenaars opgelewer en is bekend in die sportwêreld as die tuiste van die Premier League-sokkerspan Wolverhampton Wanderers FC wat sy tuiswedstryde op die Molineux-stadion speel. Dit was een van die Engelse gasheerstede tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1973.
| Ligging in Engeland | Wapen |
| Vlag | |
| Land | |
| Land (VK) | |
| Graafskap | |
| Byname | Wolftown, Wolves, Wolvo |
| Leuse | Out of darkness cometh light |
| Koördinate | 52°35′N 2°8′W |
| Oppervlakte: | |
| - Totaal | 69,44 vk km |
| Hoogte bo seevlak | 163 m |
| Bevolking: | |
| - Totaal (2021) | 263 700 |
| Tydsone | UTC +0 (GMT) |
| - Somertyd | UTC +1 (BST) |
| Burgemeester | Craig Collingswood |
| Amptelike webwerf | wolverhampton |
Remove ads
Geskiedenis
Wolverhampton se eerste verwysing dateer uit 985. In dié jaar het koning Aethelred II grond by Heantune (Wolverhampton) aan die dorp se weldoener Wulfruna toegeken. Daar word oor die algemeen aanvaar dat Wulfruna die suster was van koning Edgar wat in 976 oorlede is. Die stad se industriële geskiedenis strek terug na 'n tyd voor die Industriële Rewolusie.[3]
Demografie
Wolverhampton is die 13de grootste stad in Engeland. In 2005 was 76,5% van sy bevolking wit, 14,7% Indiërs en 4,8% swart.
Susterstede
Buffalo, Verenigde State
Jacksonville, Verenigde State
Jalandhar, Indië
Klagenfurt am Wörthersee, Oostenryk
Subotica, Serwië
Venesië, Italië
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads



