17 April
datum From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
17 April is die 107de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (108ste in skrikkeljare). Daar volg nog 258 dae in die res van die jaar.
<< | April 2025 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | ||
6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 |
13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 |
20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 |
27 | 28 | 29 | 30 | |||
Al die dae |
Gebeure
- 1447 – Pous Nicolaas V stel Enea Silvio Piccolomini (later Pous Pius II) aan as biskop van Trieste.
- 1492 – Christophorus Columbus teken 'n kontrak met Spanje om na Asië te seil vir speserye.
- 1521 – Martin Luther word ge-ekskommunikeer.
- 1524 – Giovanni da Verrazano bereik New York-hawe.
- 1594 – Pous Clemens VIII verklaar St. Hyacinth heilig.
- 1861 – Amerikaanse Burgeroorlog: Virginië skei af van die VSA.
- 1895 – Die Eerste Chinees-Japannese Oorlog kom tot 'n einde.
- 1924 – Die Metro-Goldwyn-Mayer-ateljee word geopen.
- 1941 – Joego-Slawië gee oor aan Duitsland tydens die Tweede Wêreldoorlog.
- 1946 – Sirië word van Frankryk onafhanklik.
- 1961 – Die Bay of Pigs-inval van Kuba begin.
- 1964 – Ford-motormaatskappy onthul die Mustang-motorvoertuig.
- 1969 – Sirhan Sirhan word gevonnis vir die sluipmoord op Robert F. Kennedy.
- 1969 – Die voorsitter van die Kommuniste-party in Tsjeggo-Slowakye, Alexander Dubcek, word ontslaan.
- 1970 – Die Apollo 13-ruimtetuig keer veilig terug aarde toe, na 'n suurstoflekkasie aanboord.
- 1975 – Die Khmer Rouge neem Kambodja oor.
- 1992 – Joego-Slawië erken die onafhanklikheid van Bosnië-Herzegowina.
- 2001 – Dwaalboeke kom tot stand met die loodsing van BookCrossing.com
Remove ads
Geboortes
- 1598 – Giovanni Battista Riccioli, Italiaanse astronoom en 'n Katolieke priester († 1671).
- 1837 – J.P. Morgan, finansier, kunsversamelaar, filantroop († 1913).
- 1882 – Artur Schnabel, Oostenrykse pianis († 1951).
- 1885 – Isak Dinesen, skrywer († 1962).
- 1893 – Irene Castle, danseres († 1969).
- 1894 – Nikita Chroesjtsjof, Russiese politikus en partyleier († 1971).
- 1897 – Thornton Wilder, Amerikaanse skrywer en wenner van Pulitzerprys vir Fiksie († 1975).
- 1903 – Morgan Taylor, atleet.
- 1915 – Joe Foss, soldaat, politikus(† 2003).
- 1918 – William Holden, Amerikaanse akteur († 1981).
- 1923 – Lindsay Anderson, regisseur († 1994).
- 1923 – Harry Reasoner, joernalis († 1991).
- 1927 – Margot Honecker, Duitse politikus († 2016).
- 1929 – James Last, musikant.
- 1940 – Anja Silja, sopraan.
- 1948 – Jan Hammer, komponis.
- 1951 – Olivia Hussey, Engelse aktrise († 2024).
- 1954 – Blackbyrd McKnight, musikant (P Funk).
- 1954 – Riccardo Patrese, Italiaanse Formule Eenrenjaer.
- 1957 – Nick Hornby, skrywer.
- 1967 – Liz Phair, musikant.
- 1972 – Jennifer Garner, Amerikaanse aktrise.
- 1974 – Victoria Beckham, Engelse popsangeres.
- 1983 – Emad Mostaque, Brits-Bangladesjiese sakebestuurder en kunsmatige intelligensie entrepreneur.
- 1984 – Rosanna Davison, Ierse aktrise, sanger, model en Mej Wêreld 2003.
- 1985 – Rooney Mara, Amerikaanse aktrise.
- 1986 – Romain Grosjean, Franse oud-Formule Eenrenjaer.
- 1991 – Tessa James, Australiese aktrise.
- 1996 – Lorna Fitzgerald, Engelse aktrise.
Remove ads
Sterftes
- 858 – Pous Benedictus III, die 104de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1695 – Juana Inés de la Cruz, Meksikaanse digteres.
- 1790 – Benjamin Franklin, Amerikaanse politikus en wetenskaplike (* 1706).
- 1892 – Alexander Mackenzie, Kanadese bouaannemer, koerantuitgewer en staatsman, Eerste Minister van Kanada (* 1822).
- 1929 – Sir Thomas Smartt, leier van die Unionisteparty en Britse kabinetsminister (* 1858).
- 1948 – Kantarō Suzuki, Japannese politikus en eerste minister ten tyde van Japan se oorgawe (* 1868).
- 1968 – Mikro (skuilnaam van Christoffel Hermanus Kühn), Afrikaanse skrywer (* 1903).
- 1986 – Marcel Dassault, stigter van die voorloper van die Franse vliegtuigvervaardiger Dassault Aviation (* 1892).
- 2014 – Gabriel García Márquez, Colombiaanse skrywer (* 1927).
- 2016 – Ann Nosworthy, Suid-Afrikaanse olieverfskilder (* 1927).
Vakansies, vierings en gedenkdae
- Feesdag van Pous Anicetus van die Rooms-Katolieke Kerk.
- Feesdag van Pous Aleksander I van Alexandrië volgens die Rooms-Katolieke Kerk.
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met 17 April. |
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads