4 April is die 94ste dag van die jaar in die Gregorian Kalender (95ste in 'n skrikkeljaar ). Daar is nog 271 dae in hierdie jaar.
2023 – Finland sluit by NAVO aan
1139 – Pous Innocentius II begin die tweede Lateraanse Konsilie.
1312 – Pous Clemens V roep op tot 'n nuwe kruistog tydens die konsilie van Vienne.
1477 – Koning Lodewyk XI betaal 100000 Gulde aan die Switserse Bondgenootskap om 6000 huursoldate binne die Bondgenootskap te werf.
1553 – Giambattista Catagna (later Pous Urbanus VII ) word tot biskop gewy.
1581 – Ses maande ná sy wêreldomseiling slaan koningin Elizabeth I van Engeland die ontdekkingsreisiger Francis Drake tot ridder.
1650 – Benedetto Odescalchi (later Pous Innocentius XI ) word biskop van Novara.
1792 – Pous Pius VI publiseer Ubi Communis teen die Franse grondwet.
1814 – Napoleon tree af vir die eerste keer.
1905 – In Kangra, Indië sterf 370 000 mense in 'n aardbewing .
1932 – Alfons Paoli Schwartz keer as laaste Duitse krygsgevangene van die Eerste Wêreldoorlog terug na Duitsland . Hy was op Frans-Guayana geïnterneer.
1939 – Ghazi I, Koning van Irak sterf en word opgevolg deur sy seun Faisal II . Omdat Faisal II nog minderjarig is aanvaar sy oom Abd ul-Ilah die regentskap.
1941 – Die Libiese stad Benghazi word tydens die Tweede Wêreldoorlog deur Duits-Italiaanse pantsereenhede verower.
1945 – Die Duitse stad Nordhausen word tydens 'n Britse bomaanval grotendeels vernietig. Tydens die lugaanval sterf meer as 8800 mense, hoofsaaklik burgerlikes.
1949 – Die twaalf nasies België , Denemarke , Frankryk , Italië , Kanada , Luxemburg , Nederland , Noorweë , Portugal , die Verenigde Koninkryk , die Verenigde State van Amerika en Ysland teken die Noord-Atlantiese Verdrag en stig die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie .
1968 – Apollo 6 word gelanseer.
1974 – 'n Douglas DC4-vliegtuig van Wenela Air Services stort neer by Francistown-lughawe in Botswana; 78 sterf.
1976 – Prins Sihanouk bedank as leier van Kambodja .
1983 – Ruimtependeltuig Challenger se eerste ruimtetog.
1984 – President Ronald Reagan vra vir 'n internasionale verbanning van chemiese wapens.
1984 – Die kernreaktor by Koeberg wek vir die eerste keer elektrisiteit op.
2022 – In Suid-Afrika kondig President Cyril Ramaphosa die opheffing aan van die landswye staat van inperking , wat in Maart 2020 as gevolg van die Covid-19-pandemie ingestel is.
2023 – In reaksie op die Russiese inval in Oekraïne sedert 2022 sluit Finland as 31ste lidland by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie aan.
186 – Caracalla , Romeinse keiser († 217 ).
1785 – Bettina von Arnim , Duitse skryfster van die Romantiek († 1859 ).
1878 – Gideon Scheepers , Boerekommandant en heliografis tydens die Tweede Vryheidsoorlog († 1902 ).
1884 – Isoroku Yamamoto , Japannese vlootkommandeur († 1943 ).
1889 – Henry Fagan , Suid-Afrikaanse skrywer, politikus, regter en joernalis († 6 Desember 1963 ).
1906 – Bea Benaderet , Amerikaanse aktrise († 1968 ).
1924 – Noreen Nash , Amerikaanse aktrise en skryfster († 2023 ).
1928 – Maya Angelou , Amerikaanse skrywer en digter († 2014 ).
1928 – Wolfgang von Trips , Duitse motorrenjaer, sterf weens 'n noodlottige ongeluk tydens die 1961 Italiaanse Grand Prix († 1961 ).
1932 – Andrei Tarkofski , Sowjet-Russiese rolprentregisseur, filmteoretikus, toneel- en operaregisseur († 1986 ).
1932 – Anthony Perkins , Amerikaanse akteur († 1992 ).
1935 – Kenneth Mars , Amerikaanse akteur († 2011 ).
1938 – Hermann Giliomee , Suid-Afrikaanse historikus en akademikus.
1939 – Hugh Masekela , Suid-Afrikaanse trompetspeler († 2018 ).
1945 – Craig T. Nelson , Amerikaanse akteur "Coach" "The District".
1950 – Christine Lahti , Amerikaanse aktrise.
1960 – Hugo Weaving , Engelse akteur.
1965 – Robert Downey jr. , Amerikaanse akteur.
1970 – Barry Pepper , Kanadese akteur.
1973 – Ernst van Dyk , Suid-Afrikaanse handfietsrenjaer.
1979 – Heath Ledger , Australiese akteur († 2008 ).
1991 – Jamie Lynn Spears , Amerikaanse aktrise en sangeres.
896 – Pous Formosus , die 111de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±816 ).
1284 – Alfonso X , Koning van Kastilië en León
1292 – Pous Nicolaas IV , die 191ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1227 )
1588 – Frederik II van Denemarke , Koning van Denemarke en Noorweë (* 1534 ).
1617 – John Napier , Skotse wiskundige (* 1550 )
1774 – Oliver Goldsmith , Ierse skrywer en dokter (* 1728 ).
1841 – William Henry Harrison , generaal en negende President van die Verenigde State (* 1773 ).
1875 – Karl Mauch , Duitse ontdekkingsreisiger van Afrika (* 1837 )
1932 – Wilhelm Ostwald , Duitse chemikus en filosoof , Nobelprys-wenner (* 1853 ).
1968 – Dr. Martin Luther King Jr. , burgerregte-aktivis, vermoor in die Lorraine Motel in Memphis , Tennessee , VSA (* 1929 ).
1981 – Brad Johnson , Amerikaanse akteur (* 1924 ).
1983 – Gloria Swanson , Amerikaanse aktrise (* 1899 ).
1984 – Oleg K. Antonow, Sowjet-Russiese vliegtuigontwerper (* 1906 ).
2021 – Frank Mdlalose , eerste Premier van KwaZulu-Natal (* 1931 ).
2021 – Tine Balder , Vlaamsgebore aktrise, woon en werk van 1960 in Suid-Afrika (* 1924 ).
2024 – Hennie Maas , Suid-Afrikaanse omroeper (* 1942 ).
Hierdie dag in die geskiedenis : 04-03 | 04-04 | 04-05
Wikimedia Commons bevat media in verband met 4 April .