A
eerste letter van die latynse alfabet / From Wikipedia, the free encyclopedia
A, a is die eerste letter in die Latynse alfabet en ook die eerste klinker. In Afrikaans word die letter uitgespreek as "aa". Die letter is afgelei van die Griekse letter alfa (α), wat ook die Latynse klankwaarde /a/ en /a:/ gehad het. Die letter is ook verwant aan die piktogram van 'n os se kop in die Proto-Semitiese âlep (os) en die Egiptiese hiëroglief.
Meer inligting Latynse letter A, Latynse alfabet ...
Sluit
- Hierdie artikel handel oor die Latynse letter A. Vir ander betekenisse wat deur die letter voorgestel word, sien A (dubbelsinnig).
In Navo se internasionale spellingsalfabet word "A" uitgespreek met die woord "Alfa".