Buitelandse betrekkinge van Andorra
From Wikipedia, the free encyclopedia
Sedert die totstandkoming van soewereiniteit met die bekragtiging van die grondwet in 1993, het Andorra voort beweeg om 'n aktiewe deelnemer van die internasionale gemeenskap te word. In Julie 1993 vestig Andorra sy eerste diplomatieke missie in die wêreld na die Verenigde Nasies. Vroeg in 1995 stel die Verenigde State en Andorra formele diplomatieke bande in. Andorra brei ook verhoudings uit met ander nasies.
Andorra onderhou ses ambassades buite sy grense: in Oostenryk, België, Frankryk, Spanje, Portugal en die Verenigde State (in New York).[1] Die prinsdom se permanente missie na die Verenigde Nasies in New York dien ook as hulle ambassade na die Verenigde State, Kanada en Meksiko.
Frankryk, Spanje en Portugal het ambassades in Andorra. Switserland het 'n konsulaat-generaal in Andorra.[2]
Buitelandse sake word na omgesien deur die Ministerie van Buitelandse sake (Katalaans: Ministeri d'Afers Exteriors).