Ibrahim (Arabies: إبراهيم ʾIbrāhīm), bekend as Abraham in die Hebreeuse Bybel, word in Islam erken as ’n profeet en boodskapper[1][2] van Allah. Die Koran hou Abraham voor as ’n "voorbeeld van deug: gehoorsaam aan Allah, opreg, nie een van die heidene nie".[3] In hierdie sin word Abraham beskryf as verteenwoordigend van die "oermens in universele oorgawe aan die Goddelike Werklikheid voor die verbrokkeling daarvan in godsdienste wat van mekaar geskei word deur verskille in vorm".[4]

Abraham se senotaaf in die Ibrahimi-moskee (Grot van die Patriarge) in Hebron.
Kitsfeite
ʾIbrāhīm
إبراهيم
Abraham
Islamitiese profeet
Die naam ʾIbrāhīm in Islamitiese kalligrafie, gevolg deur "vrede vir hom".
Die naam ʾIbrāhīm in Islamitiese kalligrafie,
gevolg deur "vrede vir hom".
Plaaslike naam إبراهيم
Gebore c. 2510 VH (c. 1813 v.C.)
’Ūr Ḵaśdîm, Galdea
Oorlede c. 2335 VH (c. 1644 v.C.)
(op sowat 175 jaar)
Hebron, Wesoewer
Laaste rusplek Ibrahimi-moskee
Familie
Gade Hajar (Hagar), Sara
Kinders Ismaʿil (Ismael), Iṣḥaq (Isak)
Sluit

Die Islamitiese fees Eid-oel-Adha word gevier ter ere van Abraham se dapperheid, en Moslems neem deel aan die hadj na die Kaäba, wat hulle glo deur Abraham gebou is.[5]

Moslems glo Abraham het in dié tyd die leier van die regverdiges geword en dit is van hom dat die mense van die Arabiese Skiereiland en Israel afstam. Hy het ’n belangrike rol gespeel om Arabië en Kanaän van afgodery te suiwer. Hy het albei plekke geestelik gereinig en die huise van aanbidding daar fisiek heilig gemaak. Abraham en sy seun Ismail (Ismael) het ook die bedevaart ingestel.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.