Normandiërs
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Normandiërs was 'n krygsvolk in wes-Frankryk. Hulle was oorspronklik Wikings (in Wes-Europa ook as Noormanne bekend) uit Skandinawië wat hulle in die 9de eeu in Normandië gevestig het. Die Normandiese dinastie het 'n reuse politiese, kulturele en militêre impak op middelleeuse Europa en die Nabye Ooste gehad.[1][2] Die term word ook gebruik om te verwys na emigrante uit die graafskap wat ander gebiede soos Engeland en Sisilië verower het.
Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...
Normandiërs | |
---|---|
Totale bevolking: | Bestaan nie meer as identifiseerbare volk nie. Opgegaan in ander volke deur vermenging en assimilasie. Vandag slegs van geskiedkundige belang. |
Belangrike bevolkings in: | |
Taal: | Oudnormandies, Latyn, Oudnoors |
Geloofsoortuiging: | Christenskap, Noorse heidendom |
Verwante etniese groepe: | Histories: Skandinawiërs • Gallo-Romeine • Franke Modern: Jèrriais • Guernésiais • Franse |
Sluit