Republiek van Weimar

From Wikipedia, the free encyclopedia

Republiek van Weimarmap

Die historiese term Republiek van Weimar (Duits: Weimarer Republik, [ˈvaɪmaʁɐ ʁepuˈbliːk], , amptelik Deutsches Reich, destyds ook Deutsche Republiek genoem) verwys na die demokratiese fase van die Duitse Ryk tussen 1918/19 en 1933. Hierdie tydperk het begin met die Novemberrewolusie en die proklamasie van 'n republiek op 9 November 1918 asook die afkondiging van die Grondwet van Weimar op 11 Augustus 1919.

Thumb
Die Republiek van Weimar 1918–1933
Thumb
Duitsland ná die Eerste Wêreldoorlog in 1918
Weimarer Republik
Republiek van Weimar

1918–1933
Thumb Thumb
Vlag Wapen
Leuse: Einigkeit und Recht und Freiheit
(Duits vir: "Eenheid én geregtigheid én vryheid")
Volkslied: Deutschlandlied
(Duits vir: "Lied van die Duitsers")
Thumb
Ligging of Duitsland
Die Republiek van Weimar in 1933
Hoofstad Berlyn
52°31′N 13°24′O
Taal/Tale Duits
Godsdiens 64,1% Protestante (Lutheraan, Hervormd, Verenigde), 32,4% Rooms-Katolieke, 0,9% Jode, 2,6% ander[1]
Regering Republiek
President
 - 1919–1925 Friedrich Ebert
 - 1925–1933 Paul von Hindenburg
Eerste minister
 - 1919 Philipp Scheidemann (eerste)
 - 1933 Adolf Hitler (laaste)
Wetgewer Parlement
Historiese tydperk Nuwe Tyd
 - Eerste Wêreldoorlog19141918
 - Abdikasie van Wilhelm II9 November 1919
 - Verdrag van Versailles28 Junie 1919
 - Biersaal-staatsgreep9 November 1923
 - Regering deur dekreet begin29 Maart 1930[2]
 - Adolf Hitler aangestel as kanselier30 Januarie 1933
 - Reichstag-vuur27 Februarie 1933
 - Magtigingswet24 Maart 1933
Oppervlakte
 - 1925[3]468 787 km2
181 000 sq mi
Bevolking
 - 1925[4] skatting62 411 000 
     Digtheid133,1 /km² 
344,8 /sq mi
Geldeenheid 1919–1923 "Papiermark" (ℳ)
1923–1933 Rentenmark
1924–1933 Reichsmark (ℛℳ)

Die Republiek van Weimar was 'n demokratiese federale republiek, sy regeringstelsel het presidensiële en parlementêre elemente behels. Sy naam is afgelei van die Thüringiese stad Weimar, die plek waar die Nasionale Grondwetlike Vergadering byeengekom het om die eerste Duitse republiek op nasionale vlak in die lewe te roep.

Met die benoeming van Adolf Hitler as rykskanselier op 30 Januarie 1933 en die oprigting van die Nasionaalsosialistiese diktatuur het die demokratiese Republiek van Weimar tot 'n einde gekom.

Retrospektief word die Republiek van Weimar, die eerste demokratiese bedeling in Duitsland, dikwels as 'n blote politieke tussenfase tussen die keiserlike monargie met sy feodale trekke en die Nasionaal-Sosialistiese diktatuur vanaf 1933 beskryf, met sy grondwet as een van sy grootste swakpunte. Betreklik laat het Duitse en buitelandse historici in die vroeë 21ste eeu nuwe perspektiewe daarop ontwikkel en dit begin waardeer as 'n grondwet wat - as een van die eerste in Europa - stemreg vir vroue verskans het net soos menslike vryheid en waardigheid en ander basiese regte.

Eweneens vasgeskryf in die grondwet van Weimar was die beginsels van 'n moderne welvaartstaat en geordende verhoudinge tussen staat en kerk. Hoekom groot dele van die Duitse samelewing nie bereid was om die grondwet se potensiaal van reg en geregtigheid, demokrasie, vryheid en solidariteit te ontwikkel nie, is een van die groot kwessies van die periode tussen 1919 en 1933 wat sentraal staan in moderne historiese navorsing.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.