From Wikipedia, the free encyclopedia
Selena Quintanilla-Perez (* 16 April 1971; † 31 Maart 1995; kortweg as Selena bekend) was 'n gewilde Meksikaans-Amerikaanse sanger-liedjieskrywer, danseres, model, mode-ontwerper, aktrise en platevervaardiger, wat die erebynaam "Die Koningin van Tejano-musiek" genoem is.[1] Selena, die jongste kind van 'n Meksikaans-Amerikaanse paartjie,het haar eerste album op die ouderdom van twaalf uitgereik. Sy het die toekenning "Female Vocalist of the Year" by die 1987 Trejano-musiektoekennings ontvang en het 'n paar jaar later 'n opneemkontrak met EMI losgeslaan. Haar gewildheid het gedurende die vroeë 1990's toegeneem, veral in Spaanssprekende lande, ná haar tragiese dood het dit veral gegroei.
Selena | |
---|---|
Gedenkteken vir Selena | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Selena Quintanilla |
Ook bekend as | Selena, Selena Pérez |
Gebore | 19 April 1971 Lake Jackson, Texas, VSA |
Sterf | 31 Maart 1995 (op 23) Corpus Christi, Texas, VSA |
Beroep(e) | Sanger-liedjieskrywer, platevervaardiger, aktrise, danseres, model, ontwerpster |
Instrumente | Stem |
Jare aktief | 1982–1995 |
Etikette | Freddie, Cara, GP Productions, EMI Latin, Q-Productions, SBK |
Assosiasies | Selena y Los Dinos, Abraham Quintanilla III, Suzette Quintanilla, Chris Pérez, Wyclef Jean |
Selena het verdere noemenswaardigheid in Noord-Amerika opgedoen nadat sy op die ouderdom van 23 deur Yolanda Saldivar, die president van haar aanhangersklub, vermoor is. Op 12 April 1995, twee weke ná haar dood, het Texas-goewerneur George W. Bush haar geboortedag as "Selena-dag" in Texas verklaar.[2] Warner Bros het in 1997 die rolprent Selena geproduseer — 'n biografiese prent met Jennifer Lopez in die hoofrol. Selena se lewe was ook die basis van die musiekblyspel Selena Forever, met Veronica Vazquez as Selena. In Junie 2006 is Selena met 'n museum en 'n lewensgrootte bronsstandbeeld (Mirador de la Flor in Corpus Christi, Texas) geëer, wat weekliks deur honderde aanhangers besoek word.
Selena is gebore in Lake Jackson, Texas van Mexikaanse-Amerikaanse ouers, Abraham Quintanilla III en 'n half-Cherokee moeder Marcella Samora. Selena opgestaan het as 'n Jehovah se Getuies. Sy het begin sing op die ouderdom van drie, toe sy haar pa was nege stigter van die sanggroep Selena y Dino's, wat sy fronte. Hulle het aanvanklik uitgevoer by die familie se restaurant Quintanilla, Pappa Gayo's, maar die restaurant nie kort daarna.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.