From Wikipedia, the free encyclopedia
Die swartwattel (Acacia mearnsii) is 'n boom en indringerplant in Suid-Afrika wat inheems is aan die suidooste van Australië asook Tasmanië. Die boom groei in grasvelde, langs paaie, waterlope en woudrande.
Swartwattel | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Klade: | Mimosoideae |
Genus: | Acacia |
Spesie: | A. mearnsii |
Binomiale naam | |
Acacia mearnsii De Wild.[1] | |
Verspreidings-kaart | |
Sinonieme[1] | |
|
Die swartwattel kan tot 15 m hoog raak en is middelgroot. Die boom is doringloos met neerhangende, varingagtige takke. Die bas is glad en 'n bietjie harig by die jonger takke. Die blare is saamgestel en dubbelveervormig met baie klein blaartjies. Die blomhofies is liggeel en verskyn in saamgestelde trosse van Augustus tot November. Die sade is in peulvorm en afgeplat.
Die boom word gebruik vir looibas (om leer te maak), beskutting en vuurmaakhout.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.