From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Thai (Thai: ไทย), voorheen bekend as Siamese, is 'n nasie en etniese groep inheems aan Thailand en die aangrensende lande van Suidoos-Asië, veral Viëtnam. Hulle vorm die titulêre nasie van Thailand en maak tussen 75 en 85% van Thailand se bevolking uit.
Thai | |
---|---|
Thai tydens 'n verassingsseremonie in Noord-Thailand | |
Totale bevolking: | ca. 53 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Thailand ~50,6 miljoen[1] Viëtnam 1 550 423[2] |
Taal: | Thai |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Theravada-Boeddhisme |
Verwante etniese groepe: | Ander Tai-volke (soos Laote, Sjan, Dai, Zhuang, Ahom); Thai-Chinese |
Die Thai behoort tot die Tai-volke wat naas Thailand ook in die Volksrepubliek China se suidooste asook in Indië se noordooste leef en nog die Laote en Zhuang insluit. Hulle praat Thai as moedertaal wat in verskillende plaaslike variante bestaan[17] en saam met Laosiaans tot die Tai-Kadai-tale behoort.
Die Thai is hoofsaaklik aanhangers van die Theravada-Boeddhisme, byna 95% volgens die laaste skatting in 2010, gevolg deur klein minderhede soos Moslems, Hindoes en Christene.
Die term "Thai" sluit gewoonlik sentrale en suidelike Thai,[18][19][20][21][22] noordelike Thai en Isan in,[23][24] hoewel dié term 'n los betekenis het en soms na die hele bevolking van Thailand verwys, met groot minderhede soos Han-Chinese (9,3 miljoen), Maleiers (2 miljoen) en Khmer (1,2 miljoen).
Wêreldwyd leef daar sowat 53 miljoen Thai, waarvan sowat 50,6 miljioen in Thailand en omtrent 1,5 miljoen in Viëtnam, waar hulle tot een van die 54 amptelik erkende etniese groepe behoort. Naas Viëtnamese en die verwante Tay vorm Thai die derde grootste etniese groep in Viëtnam.[25]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.