Han-Chinese
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Han-Chinese is 'n inheemse etniese groep in Oos-Asië. Hulle maak ongeveer 92% van die Volksrepubliek China se bevolking uit, 93% van Hongkong se bevolking,[30] 92% van Macau se bevolking,[31] 98% van die Republiek China op Taiwan se bevolking, 76,2% van Singapoer se bevolking, 24,5% van Maleisië se bevolking, 15% van Thailand se bevolking en omtrent 19% van die hele globale menslike bevolking wat hulle die grootste etniese groep in die wêreld maak. Die Han-Chinese word as 'n onderafdeling van die Chinese nasie (Zhonghua minzu) beskou. Hulle verwys soms na hulself as Yan Huang Zisun, wat die "seuns van (die god-keisers) Yan en Huang" beteken.

In Chinees word tussen die Chinese as burgers van albei Chinese lande (Vereenvoudigde Chinees: 中國人 / Tradisionele Chinees: 中国人, Pinyin: Zhōngguórén, letterlik: "Mense uit die sentrale ryke") en die etniese Chinese (漢族人 / 汉族人, Hànzúrén of 漢人 / 汉人, Hànrén, "mens van die Han-volk") onderskei. Bykomend tot die Han-Chinese erken die Volksrepubliek China nog 55 en die Republiek China 14 verdere etniese groepe ("nasionaliteite") amptelik.
Elders in die wêreld woon 3 miljoen mense van Chinese afkoms in die Verenigde State (1% van die bevolking), meer as 1 miljoen in Kanada (3,7%), meer as 1,3 miljoen in Peru (4,3%), meer as 600 000 in Australië (3,5%), byna 150 000 in Nieu-Seeland (3,7%) en meer as 750 000 in Afrika, waaronder 350 000 in Suid-Afrika.[32]
Die belangrikste ondergroepe sluit in:
Remove ads
Verwysings
Verdere leeswerk
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
