Die Turkse volke is 'n etnolinguistiese groep wat die sprekers van die Turkse tale behels.[26] Hulle is inheems aan Sentraal- en Wes-Asië, Siberië en Oos-Europa, veral suid en oos van die Swartsee asook rondom die Kaspiese See met lande soos Turkye, Oesbekistan, Kasakstan, Azerbeidjan, Turkmenistan en Kirgisië.
Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...
Turkse volke |
|
Totale bevolking: |
200–250 miljoen[1][2] |
Belangrike bevolkings in: |
Turkye 57,5–61,5 miljoen[3]
Oesbekistan 25,2 miljoen[4]
Iran 20 miljoen[5]
Rusland 13 miljoen[6]
Kasakstan 12.6 miljoen[7]
Volksrepubliek China 12 miljoen[8]
Azerbeidjan 10 miljoen[9]
Turkmenistan 4,5 miljoen[10]
Kirgisië 4,5 miljoen[11]
Afghanistan 3,5 miljoen[12]
Irak 3 miljoen[13]
Tadjikistan 1,2 miljoen[14]
Verenigde State 1 miljoen[15]
Pakistan 500 000[16]
Turkse Republiek van Noord-Siprus 298 862[17]
Australië 293 500[18]
Georgië 284 761[19]
Oekraïne 400,000 [20]
Saoedi-Arabië 224 460[21]
Sirië 100 000–200 000[22]
Moldowa 158 300[23]
Mongolië 106 955[24]
Noord-Masedonië 77 959[25] |
Taal: |
Turkse tale soos Azerbeidjans, Basjkiries, Chakassies, Gagaoesies, Jakoeties, Karatsjai-Balkaries, Kasaks, Kirgisies, Krim-Tataars, Nogai, Oeigoers, Oesbekies, Tartaars, Tiwaans, Turkmeens en Turks |
Geloofsoortuiging: |
Islam (Soennitiese Islam • Kulturele Islam • Alawitisme • Twaalfer-Sjiïsme) Christendom (Oosters-Ortodokse Kerk) Judaïsme Ongebonde (Agnostisisme • Ateïsme) Animisme • Tengriisme • Sjamanisme • Manicheïsme |
Verwante etniese groepe: |
Etniese groepe soos Azerbeidjanners, Basjkiriërs, Gagaoesiërs, Kasakke, Kirgisiërs, Krim-Tatare, Oeigoere, Oesbeke, Siberiese Tartare, Tartare, Tsjoewasjiërs, Turke en Turkmene |
Sluit
Die grootste etniese groepe (volgens bevolking) is: Turke (63–69 miljoen), Oesbeke (30 miljoen), Azerbeidjanners (28–35 miljoen), Oeigoere (20 miljoen), Kasakke (15 miljoen), Turkmene (9 miljoen) en Kirgisiërs (4,5 miljoen). Hulle praat Turkse tale soos Turks (71 miljoen), Oesbekies (27 miljoen), Azerbeidjans (26 miljoen), Kasaks (13 miljoen), Oeigoers (10,4 miljoen), Turkmeens (7,6 miljoen) en Kirgisies (4,6 miljoen) as moedertaal.