Witmelkhout
Plantspesie / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Witmelkhout (Sideroxylon inerme) is 'n struik of 'n boom wat in Suid-Afrika voorkom in 'n strook langs die kus vanaf die Kaapse Skiereiland tot by Mosambiek en is inheems in die Wes-Kaap, die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga.[1] Buite Suid-Afrika is die boom inheems in Aldabra, Comore-eilande, Eswatini, Kenia, Mosambiek en eilande, Somalië, Tanzanië en Zimbabwe.
Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Witmelkhout | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Ericales |
Familie: | Sapotaceae |
Genus: | Sideroxylon |
Spesie: | S. inerme |
Binomiale naam | |
Sideroxylon inerme L., (1753) | |
Sinonieme | |
|
Sluit
Die bome is blaarryk en groei meestal naby die see. Die vrugte is vlesig, persswart en sowat 1.2 cm in deursnee. Hulle is eetbaar maar nie almal is smaaklik nie. Die bome leef lank. Bekende Witmelkhoutbome is die "Poskantoorboom" in Mosselbaai, die "Fingo" boom in Peddie en die "Verdragsboom" in Woodstock.
Die spesie het drie subspesies:
- Sideroxylon inerme subsp. cryptophlebium (Baker) J.H.Hemsl.
- Sideroxylon inerme subsp. diospyroides (Baker) J.H.Hemsl.
- Sideroxylon inerme subsp. inerme