2021-Rugbykampioenskapreeks
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die 2021-Rugbykampioenskapsreeks was die negende jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Argentinië, Australië, Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Die kompetisie word bedryf deur SANZAAR, ’n gesamentlike onderneming van die vier lande se nasionale rugbyunies. Die spanne is onderskeidelik die Pumas, Springbokke, Wallabies en die All Blacks. Suid-Afrika het weer by die toernooi aangesluit ná ’n jaar uit in 2020 weens reisbeperkings van die Suid-Afrikaanse regering en kommer oor spelerswelsyn en veiligheid wat met die wêreldwye Covid-19-pandemie verband hou.[1] Die toernooi het teruggekeer na sy normale vensterperiode van Augustus, wat op 14 Augustus afgeskop en op 2 Oktober geëindig het.
Nieu-Seeland het die toernooi vir die 18de keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat en die Poematrofee weggestap het.
Remove ads
Formaat
Die formaat vir die 2021-toernooi was soortgelyk aan dié van vorige jare. Elke span het ’n totaal van ses wedstryde elk gespeel, en twaalf in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste drie drieë meer as die teenstander in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die kompetisie se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.[2]
Remove ads
Reisverbod
Met voortgesette reisbeperkings wat verband gehou het met die Covid-19-pandemie, is die grootste deel van die toernooi in Australië en Nieu-Seeland aangebied, met Suid-Afrika wat ook twee wedstryde aangebied het – hul twee wedstryde teen Argentinië in die eerste twee rondtes.[3]
Op 24 Augustus is aangekondig dat alle wedstryde in Rondtes 3–6 in Queensland, Australië, aangebied sou word.[4] Dit het gekom nadat COVID-beperkings in Nieu-Seeland beteken het dat Suid-Afrika nie na Nieu-Seeland kon reis nie. Weens die onsekerheid oor die oorspronklike skedule vir die Kampioenskap, het die All Blacks ook hul reis na Australië vir hul rondte 2-kragmeting in Perth vertraag.[5]
Remove ads
Nuwe rugbyreëlproewe
Die 2021-Rugbykampioenskap was die eerste internasionale rugbykompetisie wat die nuwe wêreldwye rugbyreëlproewe ingesluit het, wat ontwerp is om die prioriteitsmissie van kopimpakvermindering en potensiële welsynsverbetering oor die hele wedstryd heen te ondersteun.[6] Sommige van die reëlaanpassings is voorheen op Superrugbyvlak in Australië en Nieu-Seeland getoets; die doellyn-inskop en die 50:22, terwyl die ander nuut is om te help om beseringsrisiko by afbreekplekke te verminder. Daarbenewens, buiten Wêreldrugby se wêreldreëlproewe, het 2021 se Rugbykampioenskap ook 'n rooikaart van 20 minute op die proef gestel, iets wat reeds in Australië en Nieu-Seeland se onderskeie Superrugbytoernooie gebruik is.[7]
Die kampioenskap is deur Nieu-Seeland gewen ná sy oorwinning met 19–17 teen Suid-Afrika op 25 September.[8][9]
Telkaart
Wedstryddatums
Week 1
14 Augustus 2021 | Nieu-Seeland ![]() |
57–22 | ![]() |
Edenpark, Auckland, Nieu-Seeland | |
19:05 (NZST) | Drieë: Rieko Ioane, Brodie Retallick, Ardie Savea, Codie Taylor (2), Sevu Reece, Will Jordan, David Havili Doelskoppe: Richie Mo’unga (5), Beauden Barrett (2) Strafdoel: Damian McKenzie Kaart: Ardie Savea ![]() |
Verslag | Drieë: Andrew Kellaway (2), Tate McDermott Doelskoppe: Noah Lolesio (2) Strafdoel: Noah Lolesio |
Bywoning: 25 121 Skeidsregter: Brendon Pickerill (NZL) | |
|
14 Augustus 2021 | Suid-Afrika ![]() |
32–12 | ![]() |
Nelson Mandelabaaistadion, Port Elizabeth, Suid-Afrika | |
17:05 (SAST) | Drieë: Cobus Reinach, Aphelele Fassi, Jaden Hendrikse Doelskop: Elton Jantjies Strafdoele: Elton Jantjies (5) |
Verslag | Strafdoele: Nicolás Sánchez (4) | Bywoning: 0 Skeidsregter: Andrew Brace (IRL) | |
|
Week 2
21 Augustus 2021 | Argentinië ![]() |
10–29 | ![]() |
Nelson Mandelabaaistadion, Port Elizabeth, Suid-Afrika | |
17:05 (SAST) | Drie: Pablo Matera Doelskop: Nicolás Sánchez Strafdoel: Domingo Miotti Kaarte: Rodrigo Bruni ![]() ![]() |
Verslag | Drieë: Makazole Mapimpi, Malcolm Marx Doelskoppe: Handré Pollard (2) Strafdoele: Handré Pollard (5) |
Bywoning: 0 Skeidsregter: Karl Dickson (ENG) | |
|
5 September 2021 | Australië ![]() |
21–38 | ![]() |
Perth-stadion, Perth, Australië | |
14:00 (AWST) | Drieë: Folau Fainga’a, Nic White, Tom Banks Doelskoppe: Noah Lolesio, Reece Hodge (2) |
Verslag | Drieë: Jordie Barrett, David Havili (2), Will Jordan, Anton Lienert-Brown, George Bridge Doelskop: Beauden Barrett Strafdoele: Beauden Barrett (2) Kaart: Jordie Barrett ![]() |
Bywoning: 52 724 Skeidsregter: Damon Murphy (AUS) | |
|
Week 3
12 September 2021 | Nieu-Seeland ![]() |
39–0 | ![]() |
Robinastadion, Goudkus, Australië | |
19:05 (AEST) | Drieë: Rieko Ioane, Sevu Reece, Dalton Papalii, Luke Jacobson (2) Doelskoppe: Beauden Barrett, Jordie Barrett (3) Strafdoele: Beauden Barrett, Jordie Barrett |
Verslag | Kaarte: Pablo Matera ![]() ![]() |
Bywoning: 15 191 Skeidsregter: Nic Berry (AUS) | |
|
12 September 2021 | Suid-Afrika ![]() |
26–28 | ![]() |
Robinastadion, Goudkus, Australië | |
20:05 (AEST) | Drieë: Bongi Mbonambi, Malcolm Marx (2) Doelskop: Handré Pollard Strafdoele: Handré Pollard (3) Kaarte: Siya Kolisi ![]() ![]() |
Verslag | Drie: Andrew Kellaway Doelskop: Quade Cooper Strafdoele: Quade Cooper (7) Kaarte: Matt Philip ![]() ![]() |
Bywoning: 15 191 Skeidsregter: Luke Pearce (ENG) Speler van die wedstryd: Samu Kerevi (AUS) | |
|
Week 4
18 September 2021 | Australië ![]() |
30–17 | ![]() |
Langpark, Brisbane, Australië | |
15:00 (AEST) | Drieë: Len Ikitau (2), Marika Koroibete (2) Doelskoppe: Quade Cooper (2) Strafdoele: Quade Cooper (2) Kaart: Lachlan Swinton ![]() |
Verslag | Drie: Lukhanyo Am Strafdoele: Handré Pollard (4) Kaarte: Faf de Klerk ![]() ![]() |
Bywoning: 40 000 Skeidsregter: Matthew Carley (ENG) Speler van die wedstryd: Samu Kerevi (AUS) | |
|
18 September 2021 | Argentinië ![]() |
13–36 | ![]() |
Langpark, Brisbane, Australië | |
19:05 (AEST) | Drie: Emiliano Boffelli Doelskop: Emiliano Boffelli Strafdoele: Emiliano Boffelli (2) |
Verslag | Drieë: Patrick Tuipulotu, TJ Perenara, Tupou Vaa’i (2), Samisoni Taukei’aho Doelskoppe: Jordie Barrett (4) Strafdoele: Jordie Barrett |
Bywoning: 38 215 Skeidsregter: Jaco Peyper (RSA) | |
|
Week 5
25 September 2021 | Nieu-Seeland ![]() |
19–17 | ![]() |
Noord-Queensland-stadion, Townsville, Australië | |
17:05 (AEST) | Drie: Will Jordan Doelskop: Jordie Barrett Strafdoele: Jordie Barrett (4) |
Verslag | Drie: S'busiso Nkosi Strafdoele: Handré Pollard (4) Kaart: S'busiso Nkosi ![]() |
Bywoning: 23 184 Skeidsregter: Luke Pearce (ENG) | |
|
25 September 2021 | Australië ![]() |
27–8 | ![]() |
Noord-Queensland-stadion, Townsville, Australië | |
20:05 (AEST) | Drieë: Reece Hodge, Samu Kerevi, Andrew Kellaway Doelskoppe: Quade Cooper (2), James O’Connor Strafdoele: Quade Cooper, James O’Connor |
Verslag | Drie: Julián Montoya Strafdoel: Emiliano Boffelli Kaart: Marcos Kremer ![]() |
Bywoning: 23 184 Skeidsregter: Matthew Carley (ENG) Speler van die wedstryd: Samu Kerevi (AUS) | |
|
Week 6
2 Oktober 2021 | Argentinië ![]() |
17–32 | ![]() |
Robinastadion, Goudkus, Australië | |
17:05 (AEST) | Drieë: Thomas Gallo (2) Doelskoppe: Emiliano Boffelli (2) Strafdoel: Emiliano Boffelli Kaart: Tomás Lavanini ![]() |
Verslag | Drieë: Folau Fainga’a, Andrew Kellaway (3), Samu Kerevi Doelskoppe: Quade Cooper (2) Strafdoel: Quade Cooper Kaart: Michael Hooper ![]() |
Bywoning: 20 441 Skeidsregter: Jaco Peyper (RSA) | |
|
2 Oktober 2021 | Suid-Afrika ![]() |
31–29 | ![]() |
Robinastadion, Goudkus, Australië | |
20:05 (AEST) | Drieë: Damian de Allende, Makazole Mapimpi Strafdoele: Handré Pollard (4), Elton Jantjies (2) Skepdoel: Elton Jantjies |
Verslag | Drieë: Sevu Reece, Ardie Savea, Brad Weber Doelskop: Jordie Barrett Strafdoele: Jordie Barrett (4) |
Bywoning: 20 441 Skeidsregter: Matthew Carley (ENG) | |
|
Remove ads
Statistiek
Meeste punte en drieë
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads