Bledisloebeker

From Wikipedia, the free encyclopedia

Bledisloebeker
Remove ads

Die Bledisloebeker (Engels: Bledisloe Cup) is ’n internasionale rugbykompetisie wat elke jaar tussen die nasionale rugbyspanne van Australië en Nieu-Seeland as deel van die Rugbykampioenskap beslis word. Dit is genoem ná Lord Bledisloe, ’n voormalige goewerneur-generaal van Nieu-Seeland, wat die trofee in 1931 geskenk het. Die trofee is in Nieu-Seeland deur Nelson Isaac ontwerp en gemaak deur Walker en Hall in Sheffield, Engeland. Dit is fisies die grootste trofee in wêreldrugby.

Kitsfeite Sportsoort, Gestig ...

Oorspronklik nou en dan elke paar jaar gespeel, gebeur wedstryde nou jaarliks en sluit wedstryde van die Rugbykampioenskap (voorheen Drienasies) tussen die twee mededingers in. Hul rugbywêreldbekerwedstryde tel nie as Bledisloewedstryde nie, wat altyd in Australië of Nieu-Seeland beslis word. Maar in 2008 is ’n Bledisloewedstryd vir die eerste keer buite die twee lande gehou toe die spanne in Hongkong gespeel het en in 2009 is ’n Bledisloewedstryd in Tokio beslis.[1] Ter voorbereiding op die Rugbywêreldbeker 2019 in Japan is in 2018 ’n Bledisloe-wedstryd in die stad Jokohama beslis.[2]

Nieu-Seeland oorheers die beker omdat hulle dit 22 keer in ’n ry (2003–2024) gewen het. Hulle is ook die huidige kampioen, nadat hulle die beslissende wedstryde tydens die 2024-Rugbykampioenskapreeks gewen het.

Remove ads

Uitslae

Thumb
Bledisloebeker soos te sien in Sydney, 2014
Thumb
Bledisloebeker-fees in Sydney, 2014
Meer inligting Jaar, Datum ...

Algeheel

Meeste titels gewen:

  1. Nieu-Seeland – 52 (insluitende 1931)
  2. Australië – 12

Langste tyd gehou deur Australië: 5 jaar (1998–2002, 5 titels)

Langste tyd gehou deur Nieu-Seeland: 28 jaar (1951–1978, 12 titels)

Meeste titels in 'n ry deur Nieu-Seeland: (2003–2024, 22 titels)

Meeste titels in 'n ry deur Australië: (1998–2002, 5 titels)

Tuisreekse gewen:

  1. Nieu-Seeland – 16
  2. Australië – 5

Wegreekse gewen:

  1. Nieu-Seeland – 13
  2. Australië – 2

Tuis- en wegreekse gewen:

  1. Nieu-Seeland – 25
  2. Australië – 5
Remove ads

Wedstryde

Meer inligting Plek, Gespeel ...

Soos op: 5 Oktober 2024

Stadions

In Australië

Meer inligting Stadion, Stad ...

In Nieu-Seeland

Meer inligting Stadion, Stad ...

Sien ook

Soortgelyke rugbykompetisies tydens die Rugbykampioenskap:

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads