APEC
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die APEC (Engels: Asia-Pacific Economic Cooperation; letterlik: "Asië-Pasifiese Ekonomiese Koöperasie") is 'n samesluiting van 21 ekonomieë wat aan die Stille Oseaan grens en vir vryhandel in die Asiaties-Stille Oseaan-streek beywer.[1] Die organisasie is op 6–7 November 1989 in die Australiese hoofstad Canberra op inisiatief van Australië, Japan en die Verenigde State saam met nege verdere lande gestig. Die hoofkantoor is in Singapoer geleë en die amptelike taal is Engels. Byna die helfte van die wêreldbevolking bly in die 21 APEC-lande. Die ekonomiese gebied verteenwoordig meer as die helfte van die wêreldwye ekonomiese uitset en is een van die vinnigste groeiende ekonomiese streke in die wêreld.
Remove ads
Lidlande
Die APEC het tans 21 lede, insluitende die meeste lande langs die Stille Oseaan se kus, maar die kriterium vir lidmaatskap is 'n onafhanklike ekonomie in plaas van 'n onafhanklike land. Die organisasie praat dus van lid-ekonomieë in plaas van lidlande. As gevolg hiervan is die deur die Volksrepubliek China ('n lid op sy eie reg) opgeëiste eiland Taiwan met die Republiek China onder die naam Chinese Taipei lid van die organisasie, maar ook die Britse kolonie Hongkong wat nou 'n spesiale administratiewe streek van die Volksrepubliek China is. Al die klein eilandnasies van Melanesië, Mikronesië en Polinesië met hul klein ekonomieë is egter nie lede van die APEC nie, maar word deur die Pasifiese Eilandforum verteenwoordig. 'n Ander belangrike vennootorganisasie is ASEAN, waarvan die meeste lidlande ook lede van die APEC is, behalwe vir Kambodja, Laos en Mianmar. Die Sentraal-Amerikaanse lande Costa Rica, El Salvador, Guatemala, Honduras en Panama asook die Suid-Amerikaanse lande Colombia en Ecuador is egter nie lede van die APEC nie.


Huidige lede
Belangstelling in lidmaatskap aangekondig
Remove ads
Spitsberade
Die APEC se spitsberade is bekend vir hul aansluitende groepfoto van al die deelnemende staats- en regeringshoofde in tradisionele klere van die gasheerland.
- APEC Broenei 2000
- APEC China 2001
- APEC Thailand 2003
- APEC Chili 2004
- APEC Suid-Korea 2005
- APEC Viëtnam 2006
- APEC Australië 2007
- APEC Peru 2008
- APEC Singapoer 2009
- APEC Japan 2010
- APEC Verenigde State 2011
- APEC Rusland 2012
- APEC Indonesië 2013
- APEC China 2014
- APEC Filippyne 2015
- APEC Peru 2016
- APEC Viëtnam 2017
Remove ads
Verwysings
Verdere leeswerk
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads