Advent
Christelike liturgiese seisoen wat Kersfees voorafgaan From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Advent (Latyn: adventus, letterlik: "naderende koms"), afgelei van adventus Domini (Latyn vir: "naderende koms van die Here"), is die tydperk, waarin Christene hulself vir Kersfees, die geboortefees van Jesus voorberei. Daarbenewens herinner dié tydperk Christene aan die verwagte wederkoms van Jesus. Die Advent begin volgens Rooms-Katolieke en Protestantse tradisies met die Vesper op die vooraand van die eerste Adventsondag en vervolgens ook die nuwe liturgiese jaar.[1]




Tussen die konfessie van die Adventiste en die Adventtydperk bestaan 'n indirekte verband, omdat albei benamings na die verwagte (weder)koms van Jesus verwys.
Remove ads
Geskiedenis
Die benaming "Advent" kan as 'n vertaling na die Griekse term ἐπιφάνεια epipháneia ("Verskyning", sien Epifanie) teruggevoer word en het in die Romeinse Ryk na die naderende koms, teenwoordigheid of besoek van 'n ampsdraer, veral dié van 'n koning of keiser (adventus Divi, "naderende koms van die goddelike heerser") verwys. Dié term kon egter ook na die naderende koms van 'n God in sy tempel verwys. Die eerste Christene het hierdie betekenis oorgeneem om hul betrekking met Jesus te beklemtoon; die Vulgaat gebruik adventus om na sy inkarnasie (menswording) asook sy eindelike wederkoms te verwys. Dit is as 'n leenwoord in die meeste moderne Europese tale oorgeneem.[2]
Nes die Vastyd voor Paasfees was die Adventstyd oorspronklik 40 dae lank en het rondom die Sint-Maartenfees op 11 November begin.[3]
Elkeen van die vier Adventsondae het sy eie betekenis:
- Die 1ste Sondag dien as voorbereiding vir die naderende koms van die Here, veral in die Protestantse kerke is dié Sondag aan Jesus se intog in Jerusalem gewy.
- Die 2de Sondag dien as voorbereiding vir die koms van die Verlosser.
- Die 3de Sondag is aan Johannes die Doper gewy.
- Die 4de Sondag is in die Rooms-Katolieke Kerk aan die Maagd Maria gewy, terwyl in die Protestantse kerke dié Sondag aan die naderende geboorte van Jesus gewy is.
Remove ads
Datums
Die Adventstyd se verskillende lengtes het sy oorsprong in die bepaling van die begin op 'n weeksdag, Sondag, terwyl die einde aan 'n maanddag, 24 of 25 Desember, geheg is. Die vierde en laaste Sondag kan net voor 25 Desember wees, vervolgens is die vroegste moontlike termyn vir die laaste Sondag volgens die Gregoriaanse kalender 18 Desember en die laaste moontlike 24 Desember. Dus kan die Adventstyd net tussen 27 November en 3 Desember begin.
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
