Azawad

From Wikipedia, the free encyclopedia

Azawadmap
Remove ads

Azawad (Arabies: أزواد / Azawād, Toearegtale: ⴰⵣⴰⵓⴷ[1]), amptelik die Onafhanklike Staat Azawad (Arabies: دولة أزواد المستقلة‎ / Dawlat Azawād al-Mustaqillah, Frans: État indépendant de l’Azawad), was 'n selfregerende gebied in die noordweste van Mali, wat op 6 April 2012 sy eensydige onafhanklikheid verklaar het nadat die regering van Mali onder Amadou Toumani Touré ná 'n opstand van die Toearegs in 'n militêre staatsgreep afgeset is. Op 11 Januarie 2013 het Frankryk soldate ná Azawad ontplooi om Mali se soldate in die konflik by te staan en tot einde Januarie is die groot stede van die gebied herower. Op 14 Februarie 2013 het die MNLA sy eis ná onafhanklikheid van Mali opgegee en die regering vir onderhandelinge oor die toekoms van die gebied gevra.

Thumb
Konflik in Mali soos in Januarie 2013
دولة أزواد المستقلة‎ / Dawlat Azawād al-Mustaqillah (Arabies)
État indépendant de l’Azawad (Frans)

Onafhanklike Staat Azawad

2012–2013

Thumb
Vlag

Leuse: (fr) Unité-Justice-Liberté
ⵜⴰⵔⵜⵢⵜ-ⵢⵈⵓⴷ-ⴰⵍⴰⵍⵓ
(ar) وحدة - عدالة - حرية
((af) "Eenheid-Geregtigheid-Vryheid")
Thumb
Ligging of Azawad
Ligging van Azawad in Afrika
Hoofstad Timboektoe (geëis)
Gao (voorlopig)
16°16′N 0°03′W
Taal/Tale Toearegtale, Songhay, Fula, Frans, Arabies
Godsdiens Islam
Regering Republiek
President
 - 2012–2013 Bilal Ag Acherif
Adjunkpresident
 - 2012–2013 Mahamadou Djeri Maïga
Historiese tydperk Moderne tydperk
 - Onafhanklikheidsverklaring6 April 2012
 - Slag van Gao27 Junie 2012
 - Val van Ansongo27 Julie 2012
 - Die MNLA verwerp hul eis vir ’n onafhanklike Azawad14 Februarie 2013
Oppervlakte
 - 2009822 000 km2
317 376 sq mi
Bevolking
 - 2009 skatting1 295 000 
     Digtheid1,6 /km² 
4,1 /sq mi

Gao is die hoofstad en grootste stad van die streek. Azawad het 'n oppervlakte van 822 000 km² en 'n bevolking van 1 295 000 in 2009 gehad.

Remove ads

Geskiedenis

Selfs tydens die Franse bewind, in 1958, het 'n separatistiese beweging, die Mouvement popular de l'Azawad (MPA) in Kidal, 'n staat vir die Toearegs geëis.

Nadat Mali in 1960 van Frankryk onafhanklik geword het, het 'n aantal opstande reeds uitgebreek. In die pers word daarna gewoonlik verwys as "Toearegrebellies".

1963

Drie jaar na onafhanklikheid het 'n gewapende stryd uitgebreek. Dit is verm deur die Maliese leër onderdruk. Die onafhanklikheidsbeweging is verder verswak deur die droogte in die streek gedurende die 1970's.

1990–1991

In 1988 is 'n opstandbeweging, die Mouvement popular de libération de l'Azawad (MPLA), gestig. Dit het in 1990 begin met 'n opstand, wat gelei het tot die Tamanrasset-ooreenkomste, en 'n nasionale verdrag in 1992 wat aan die streek meer outonomie besorg het.

2006

'n Nuwe opstand het in 2006 uitgebreek, wat met die Algiers-ooreenkoms besleg is.[2]

2012-opstand

Thumb
Kaart van Azawad

Ná die staatsgreep wat die bewind van Amadou Toumani Touré in Mali omvergewerp het, het die onafhanklikheidsbeweging vinnig gegroei. Toearegrebelle, saam met Islamitiese groepe, het beheer oor die drie groot stede in die gebied oorgeneem. Dit het gebeur sonder te veel opposisie van die swak toegeruste en ongeorganiseerde leër van Mali.[3] Hierna het 'n broederlike stryd ontstaan tussen die vegters van die MNLA en die Islamitiese groepe, waaronder die Ansar Dine (onder leiding van die Toeareg-stamleier Iyad Ag Ghaly), en dele van die AQMI. Die MNLA het 'n skietstilstand aangekondig en ook op Vrydag, 6 April 2012, sy onafhanklikheid verklaar.

Op 11 Januarie 2013 het Frankryk soldate ná Azawad ontplooi om Mali se soldate in die konflik by te staan en tot einde Januarie is die groot stede in die gebied herower. Op 14 Februarie 2013 het die MNLA hul eis ná onafhanklikheid van Mali opgegee en die regering vir onderhandelinge oor die toekoms van die gebied gevra.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads