Belize-stad
grootste stad van Belize From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Belize-stad (Engels: Belize City) is die grootste stad van Belize, 'n land in Sentraal-Amerika. Die stad het 'n bevolking van 63 999 in 2022 gehad en is langs die ooskus van Belize aan die Karibiese See geleë. Belize-stad is in 1638 gestig en was voorheen die hoofstad van Brits-Honduras, 'n voormalige Britse kolonie wat sedert sy onafhanklikheid in 1981 as Belize bekend staan.
| Kaart | Wapen |
| Vlag | |
| Land | |
| Provinsie | Belize |
| Koördinate | 17°30′N 88°11′W |
| Stigting | 1638 |
| Oppervlakte: | |
| - Totaal | 35,66 vk km |
| Hoogte bo seevlak | 0 m |
| Bevolking: | |
| - Totaal (2022) | 63 999 |
| - Bevolkingsdigtheid | 1 731,97/vk km |
| Tydsone | UTC -06:00 |
| Burgemeester | Bernard Wagner (PUP) |
Toe dié hawestad in 1961 deur die orkaan Hattie verwoes is, is daar in die sentrum van Brits-Honduras begin met die oprigting van 'n nuwe hoofstad wat op 1 Augustus 1970 amptelik as Belmopan gestig is. Belize-stad is egter steeds die land se belangrikste hawe en sy finansiële en industriële spilpunt.
Remove ads
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Belize-stad.- (en) Toerisme-inligting oor Belize-stad op Wikivoyage
- (en) Amptelike webwerf
- (en) "Belize City". Encyclopædia Britannica. Besoek op 13 November 2024.
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads



