Bostaaibos
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die bostaaibos (Searsia chirindensis) is 'n boom wat hoort tot die genus Searsia. Die spesie kom voor aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika en is ook inheems in Eswatini, Mosambiek en Zimbabwe. Hierdie boom word die hoogste van die genus en groei meestal in woude maar kan ook soms as 'n struik voorkom. Die vrugte (5 mm in deursnee) is eers gelerig-pienk en word later rooi wanneer dit ryp is. Die blare is donkergroen en elke blaar bestaan uit drie blaartjies en die jong blaartjies is rooi gespikkel.
Die boom se FSA-nommer is 380.[1]
Remove ads
Galery
Sien ook
Verwysings
Bronnelys
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads