Cadaba aphylla
Boom spesie From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die stormbos (Cadaba aphylla) is 'n geharde en feitlik blaarlose struik of boom wat inheems is aan die dorre gebiede van Suider-Afrika, soos onder meer die Karoo en Limpopovallei.
Remove ads
Verspreiding
Dit word aangetref in die semi-woestyn van Botswana, Namibië, suidelike Zimbabwe en Suid-Afrika. In Suid-Afrika is die spesie inheems in Limpopo, die Noord-Kaap, Noordwes, die Oos-Kaap, die Vrystaat en die Wes-Kaap. Dit kom ook in Ecuador voor.
Beskrywing
Die plant bestaan 'n boskasie van lang, dun semi-sukkulente stingels wat heeljaar groen bly. Die rooi blomme word in trosse in die oksels gedra en ontbreek aan kroonblare. Uit die blomknop van rooi kelkblare kom die rooi vergroeide meeldrade te voorskyn.
Die boom se FSA-nommer is 129.[1]
Galery
- Komponent van struikbos in die Karoo- Nasionale Park
- Blomknoppe en oop blom
- Blomme aan blaarlose stingel in Namibië
Sien ook
Verwysings
Bronne
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads