Doringkanniedood
plantspesie From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die doringkanniedood (Commiphora glandulosa), ook bekend as die groot gewone kanniedood, is 'n doringagtige struik of klein boom. Dit verkies sanderige grond en mopaniebosveld en kom noord van Gauteng voor; ook in die Lebomboberge, en noord van KwaZulu-Natal. Dit is volop in die Balule- en Pafurideel van die Krugerwildtuin.[1] Die spesie is ook inheems in Angola, Botswana, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Malawi, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.
Remove ads
Identifikasie
Dit is 'n klein immergroen boom, word tot 6 m hoog met 'n digte, rofweg ronde kroon. Die stam is kort, reguit en redelik dik, soms met vertakkings reeds aan die laer deel. Die bas is donker grys, geelgrys tot groengrys en skilfer in klein papierdun vlokkies of selfs blokkies af.[1]
Die blomme is klein, rooi en buisvormig en verskyn gewoonlik in September tot Oktober. Die vruggies is effens asimmetries (maksimaal 1.3 cm by 1 cm) en helderrooi van kleur wanneer ryp.[1]
Remove ads
Fotogalery
- Bastekstuur
- Blaar, winter
Sien ook
Verwysings
Bronnelys
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads