Commiphora
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Commiphora is 'n genus van bome wat hoort tot die familie Burseraceae, ook bekend as die Mirrefamilie, terwyl die genus self as die Kanniedood bekend staan.

Remove ads
Kenmerke
Kenmerkend van die genus is die volgende:
- Die bome is klein tot middelslag.
- Hulle verkies droë bosveld en halfwoestyn areas
- Hulle het skerp aromatiese blare; hulle ruik na terpentyn indien gekneus word
- Hulle het sigbare, troebel melksap wat moeilik sigbaar is tydens droogtes
- Die bas is gewoonlik glad wat in groot papieragtige stukke afskilfer
- Die blare is veervormig saamgestel of getrifolioleer en min enkelvoudig
- Die sade is normaalweg gelerig tot helderrooi en vlesig arillus bedek
- Die vrugte is dun en vlesig en verdeel in twee wanneer dit ryps is.
Die Kanniedoodbome is nie altyd maklik uitkenbaar nie en daar is in die laaste jare nuwe spesies in die noorde van Namibië ontdek. Die boom kan met 'n steggie voortgeplant word en word soms as 'n heining aangeplant. Hierdie taaiheid het gelei tot die naam kanniedood.
Remove ads
Spesies
Daar is omtrent 190 spesies in die genus.[1][2][3]
Van die Suid-Afrikaanse spesies is:
- Blinkblaarkanniedood Commiphora schimperi
- Boskanniedood Commiphora woodii
- Doringkanniedood Commiphora glandulosa
- Fluweelkanniedood Commiphora mollis
- Groenstamkanniedood Commiphora neglecta
- Koperstamkanniedood Commiphora harveyi
- Papierbaskanniedood Commiphora marlothii
- Peperblaarkanniedood Commiphora mossambicensis
- Sandkanniedood Commiphora angolensis
- Sebrabaskanniedood Commiphora viminea
- Skurweblaarkanniedood Commiphora edulis
- Witstamkanniedood Commiphora tenuipetiolata
Remove ads
Trivia
Mense gebruik die gom van die bome om klein tuisnywerhede in Kaokoland te bedryf.
Sien ook
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Commiphora. |
Bronne
- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads