Papierbaskanniedood
boomspesie From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die papierbaskanniedood (Commiphora marlothii) is 'n middelgroot boom wat van noordelike Suid-Afrika tot in die trope gevind word. Dit is lokaal algemeen in die eskarp van die Waterberg (Limpopo), en is in die Krugerwildtuin tot die sandsteenriwwe naby die Levuvhurivier beperk.[1] Die spesie is ook inheems aan oostelike Botswana, die Demokratiese Republiek die Kongo, Zambië en Zimbabwe.

Remove ads
Dit gedy veral op klipbanke, klipperige hellings of rotsagtige koppies, en word selfs teen steil kranse opgemerk. Die dun bas is geel en dop in groot stukke af. Die boom het saamgestelde blare. Die blare is fluweelagtig en die rande is geskulp tot stomp getand.
Die boom se FSA-nommer is 278[2] en staan in Engels bekend as Paperbark corkwood.[1]
Remove ads
Sien ook
Verwysings
Bronne
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads