Demokratiese Republiek van Azerbeidjan
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Demokratiese Republiek van Azerbeidjan (DRA) (Azerbeidjans: Azərbaycan Xalq Cümhuriyyəti) was die eerste demokratiese en sekulêre republiek in die Islamitiese wêreld.[1][2][3] Dit het op 28 Mei 1918 ontstaan ná die verbrokkeling van die Transkaukasiese Demokratiese Federatiewe Republiek, en het tot op 28 April 1920 bestaan.
| ||||
Leuse: Bir kərə yüksələn bayraq, bir daha enməz! (Die vlag wat eens geopper is sal nooit val nie!) | ||||
Volkslied: Azərbaycan marşı (Azerbeidjans vir: "Mars van Azerbeidjan") | ||||
![]() | ||||
Hoofstad | Gence (tot September 1918) Bakoe | |||
Taal/Tale | Azerbeidjans | |||
Regering | Republiek | |||
Wetgewer | Milli Medjlis (Nasionale Vergadering) | |||
Historiese tydperk | Nuwe Tyd | |||
- Stigting | 29 Mei 1918 | |||
- Besetting en anneksasie | 28 April 1920 | |||
Oppervlakte | ||||
- 1918 | 99 908,87 km2 38 575 sq mi | |||
Bevolking | ||||
- 1918 skatting | 2 000 000 | |||
Digtheid | 20 /km² 51,8 /sq mi | |||
Geldeenheid | Manat |
Een van die belangrikste besluite van die parlement was die invoering van vroulike stemreg. Die Demokratiese Republiek van Azerbeidjan was sodoende nie net die eerste merendeels Islamitiese staat waar vroue dieselfde politieke regte as mans verwerf het nie, maar ook een van die eerste state wêreldwyd.
Die huidige Republiek van Azerbeidjan beskou homself as regsopvolger van die DRA.
Remove ads
Geskiedenis
Die DRA is gestig op 28 Mei 1918, ná die val van tsaristiese Rusland. Die land het in die noorde aan Rusland, in die ooste aan Armenië, en in die suide aan die Persiese Ryk gegrens. Gence het tydelik as hoofstad van die republiek gedien omdat Bakoe nog deur Bolsjewistiese troepe beset was. In 1920 is die DRA deur die Sowjetunie verower. Vir Wladimir Lenin was Azerbeidjan se olierykdom van strategiese belang.
Remove ads
Beelde
- Eerste byeenkoms van die Azerbeidjanse parlement
- Die vergadersaal van die parlement
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads