Dick Cheney

Visepresident van die Verenigde State van 2001 tot 2009 From Wikipedia, the free encyclopedia

Dick Cheney
Remove ads

Richard Bruce (Dick) Cheney (gebore 30 Januarie 1941 in Lincoln, Nebraska - 3 November 2025), was 'n Amerikaanse politikus wat die Republikeinse Party verteenwoordig het. Hy het van 2001 tot 2009 as die 46ste Visepresident van die Verenigde State onder president George W. Bush gedien.

Kitsfeite Richard Bruce Cheney, Gebore ...

Cheney, 'n entrepreneur van beroep, het van 1975 tot 1977 as stafhoof van die Withuis onder president Gerald Ford gedien. Van 1979 tot 1989 was hy 'n lid van die Huis van Verteenwoordigers vir die Wyoming-distrik. Van 1989 tot 1993 was hy die sekretaris van verdediging in die George H.W. Bush-administrasie.[1][2][3][4][5]

Van 1995 tot 2000 was Cheney voorsitter van die direksie van die multinasionale firma Halliburton. Tydens die Amerikaanse presidensiële verkiesing van 2000 is hy deur die Republikeinse Partykandidaat George W. Bush gevra om sy vise-presidentskandidaat te wees. Bush het die Demokratiese genomineerde, die sittende visepresident Al Gore, en sy visepresidentskandidaat, Joe Lieberman, verslaan. Cheney het die 46ste visepresident geword. Ná Bush se oorwinning in die 2004 Amerikaanse presidensiële verkiesing, het Cheney vir 'n tweede termyn as visepresident gedien.

Cheney was daarna as kommentator van politieke gebeure betrokke en het president Barack Obama se beleid gekritiseer.

Remove ads

Afsterwe

Cheney is op die aand van 3 November 2025 op 84-jarige ouderdom in Noord-Virginië oorlede.[6][7] Hy het komplikasies ondervind wat verband hou met longontsteking en vaskulêre siekte.[8]

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads