Drenthe

From Wikipedia, the free encyclopedia

Drenthemap
Remove ads

Drenthe (Nedersaksies: Drenthe of Drentie) is een van die 12 provinsies van Nederland en is in die noordooste geleë. Die provinsie het 'n bevolking van sowat 502 000 in 2023 gehad en beslaan 'n totale oppervlakte van 2 680 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 191 inwoners per km² land. Die hoofstad is Assen en die grootste stad is Emmen.

Kitsfeite Land, Hoofstad ...
Thumb
Hunebed naby Odoorn

Drenthe grens in die suide aan Overijssel, in die weste aan Friesland, in die noorde aan Groningen, en in die ooste aan Nedersakse (Duitsland).

In die provinsie word naas Nederlands ook Drents gepraat, 'n dialek van die Nedersaksiese taal.

Drenthe het baie bosse, heide- en veengebiede. Byna al die hunebedde lê in die provinsie. Van die noorde tot die suidooste loop die Hondsrug, 'n glooiing in die landskap; die hoogste punt word gevind by die stad Emmen en meet 26,5 meter.

Op 29 Junie 1904 is twee veenlyke, nou bekend as die Paar van Weerdinge, hiernaby gevind.

Remove ads

Munisipaliteite

Drenthe bestaan sedert 1998 uit 12 munisipaliteite:

Meer inligting Kaart ...
Meer inligting Nrs., Munisipaliteite ...
Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads