Overijssel

From Wikipedia, the free encyclopedia

Overijsselmap
Remove ads

Overijssel (letterlik in Afrikaans: Ooryssel, Sallands/Twents: Oaveriessel, Stellingwerfs: Overiessel) is een van die 12 provinsies van Nederland en is in die ooste geleë. Die provinsie het 'n bevolking van sowat 1 184 000 in 2023 gehad en beslaan 'n totale oppervlakte van 3 421 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 357 inwoners per km² land. Die hoofstad is Zwolle en die grootste stad is Enschede. Andere groot stede is: Almelo, Deventer, Hengelo, Kampen en Zwolle.

Kitsfeite Overijssel Oaveriessel, Overiessel, Land ...
Thumb
Lemelerberg
Thumb
Markelose Berg

Overijssel grens in die suide aan Gelderland, in die weste aan Flevoland, in die noorde aan Friesland en Drenthe en in die ooste aan die Duitse deelstate Nedersakse en Noordryn-Wesfale.

Overijssel bestaan uit drie kultuurhistoriese streke:[2]

  • Twente, in die ooste van Overijssel. Hier woon die meeste mense en lê die ekonomiese middelpunt met stede soos Enschede, Hengelo en Almelo. Hier woon ongeveer 584 000 mense (2023).
  • Salland, in die weste van Overijssel. Die oorspronklik magtigste streek, met ou Hansestede soos Zwolle, Deventer en Kampen. Hier woon ongeveer 551 000 mense (2023).
  • Kop van Overijssel, in die noord-weste van Overijssel. Giethoorn is die bekendste dorp hier. Hier woon ongeveer 50 000 mense (2023).
Remove ads

Munisipaliteite

Overijssel bestaan sedert 2005 uit 25 munisipaliteite:

Thumb
Meer inligting Nrs., Munisipaliteite ...
Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads