Bergkwagga

From Wikipedia, the free encyclopedia

Bergkwagga
Remove ads

Die bergkwagga (Equus zebra) is 'n bedreigde sebraspesie wat in Suidwes-Angola, Namibië en Suid-Afrika voorkom. Daar is twee subspesies: die Kaapse bergkwagga (E. z. zebra) en Hartmannse bergkwagga (E. z. hartmannae), alhoewel daar voorgestel is dat laasgenoemde as 'n aparte spesie beskou moet word. Die Kaapse bergkwagga is net-net van uitwissing gered deur die stigting van die Nasionale Bergkwaggapark in 1937. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...

Bergkwaggas het 'n gemiddelde hoogte van 120 cm en kan 'n spoed van 65 km/h behaal wanneer hulle hardloop. Dit is maklik om die bergkwagga van die bontkwagga te onderskei: anders as by die bontkwagga het die bergkwagga 'n duidelike keelvel. Hy het ook geen skaduweestrepe nie en sy strepe strek ook nie om sy pens nie. Die strepe op sy bene strek reg om die bene en is duidelik tot op die hoewe.

Die merrie is 12 maande dragtig, waarna sy geboorte aan 'n enkele vulletjie skenk. Bergkwaggas het 'n moontlike lewensduur van 35 jaar.

Uit ‘n bewaringsoogpunt hou die donkie ‘n bedreiging in vir die voortbestaan van die gefragmenteerde groepies bergkwaggas. Wanneer paring tussen ‘n manlike donkie en ‘n vroulike bergkwagga plaasvind, word onvrugbare muile voortgebring. Dit laat die aanwas van die reeds klein bevolking bergkwaggas verder afneem.

Remove ads

Fotogalery

Bronnelys

  • Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. ISBN 0-86953-027-5.

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads