Kaapse bergkwagga

subspesies van soogdiere From Wikipedia, the free encyclopedia

Kaapse bergkwagga
Remove ads

Die Kaapse bergkwagga (Equus zebra zebra) word slegs in vier gebiede in die Wes-Kaap en Oos-Kaap van Suid-Afrika aangetref. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie. Die dier staan ook bekend as die Kaapse bergsebra.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Remove ads

Bou en kleur

Die dier het 'n tipiese sebravoorkoms, naamlik swart strepe met 'n wit agtergrond. Die strepe loop duidelik af by die bene tot by die hoewe, terwyl die strepe op die lyf by die pens ophou. Die pensvel is wit. Kenmerke van die dier is die oranje snoet en die keelvel. Die spesie het nie skadustrepe soos die Bontkwagga nie. Hulle is kleiner as die Hartmannse bergkwagga. Die hingste is effens swaarder as die merries – hingste weeg tot 260 kg terwyl merries tot 257 kg kan weeg.

Remove ads

Habitat en gewoontes

Die Kaapse bergkwagga verkies droë, bergagtige gebiede met drinkwater en weiding. Die diere vorm troppe wat bestaan uit 'n familiegroep met 'n hings, merries en jong diere. Lede van die familiegroepe bly gewoonlik lewenslank in dieselfde trop. Die Kaapse bergkwagga hou ook van 'n stofbad. Een vul word enige tyd van die jaar gebore na 'n dratyd van 12 maande.

Vyande

Fotogalery

Sien ook

Bron

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads