FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2021

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2021 sou oorspronklik in Katar aangebied word, nadat op 2 Desember 2010 die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 aan dié land toegewys is. Daar is egter kommer uitgespreek oor die hoë temperature in Katar gedurende die somer (wat ook daartoe gelei het dat die Sokker-Wêreldbekertoernooi van sy tradisionele Junie-Julie-skedule na November-Desember verskuif moes word).[1]

Thumb
Die Sokker-Konfederasiebekertrofee waarom meegeding sou word
Kitsfeite Toernooi-inligting, Datums ...

Dienooreenkomstig het FIFA op 25 Februarie 2015 amptelik aangekondig dat die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2021 na 'n ander land van die Asiatiese Sokkerkonfederasie verskuif sal word, sodat dit gedurende die tradisionele Junie-Julie-venster 2021 gehou kan word, sonder om nasionale ligas te onderbreek. As kompensasie is die aanbieding van 'n ander FIFA-toernooi, dalk die FIFA-Klubwêreldbeker 2021, in November-Desember 2021 in Katar voorgestel as 'n voorbereiding op die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022.[2][3]

In Oktober 2017 het FIFA planne afgekondig om die Sokker-Konfederasiebeker teen 2021 af te skaf en dit met 'n vierjaarlikse 24-span FIFA-Klubwêreldbeker te vervang en laasgenoemde van Desember na Junie te skuif.[4] Op 15 Maart 2019 het FIFA amptelik aangekondig dat die Sokker-Konfederasiebeker geskrap en met die FIFA-Klubwêreldbeker vervang sal word.[5] Katar het wel die FIFA-Klubwêreldbeker in 2019 en 2020 in voorbereiding op die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 aangebied.[6]

Remove ads

Deelnemende spanne

Totdat die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2021 in Maart 2019 deur FIFA amptelik geskrap en met die FIFA-Klubwêreldbeker vervang is, het die volgende spanne vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2021 gekwalifiseer.

Meer inligting Span, Konfederasie ...
Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads