FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017

From Wikipedia, the free encyclopedia

FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017
Remove ads

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 (Russies: Кубок конфедераций 2017, Koebok konfederatsij FIFA 2017; Engels: FIFA Confederations Cup) is van 17 Junie tot 2 Julie 2017 in Rusland aangebied en het vir die gasheer as ’n voorbereiding op die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 gedien. Dit was die vyfde sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die eerste twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.

Thumb
Die Sokker-Konfederasiebekertrofee waarom meegeding is
Kitsfeite Кубок конфедераций 2017, Toernooi-inligting ...

Soos gebruiklik het die gasheerland, die destydse wêreldkampioen en die kampioene van elk van die ses sokkerbonde deelgeneem. Duitsland het die toernooi gewen nadat hulle Chili met 1–0 in die eindstryd geklop het. Portugal het in die derde en Meksiko in die vierde plek geëindig. Die gasheer Rusland is in die groepfase uitgeskakel.

Dit was die laaste Sokker-Konfederasiebeker wat aangebied is voordat FIFA aangekondig het dat dit dié toernooi nie langer sal aanbied nie en dit deur ’n uitgebreide FIFA-Klubwêreldbeker sal vervang.[1][2]

Remove ads

Stadions

Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

Meer inligting Sint Petersburg, Moskou ...
Remove ads

Deelnemende spanne

Thumb
Spanne wat aan die FIFA Konfederasiebeker in 2017 deelgeneem het
Meer inligting Span, Konfederasie ...
Remove ads

Wedstrydbal

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 se amptelike wedstrydbal is vervaardig deur Adidas en genoem “Krasawa”,[3] ’n Russiese slengwoord vir “pragtig” of “ontsagwekkend”.

Formaat

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 is oor 16 dae tussen agt verskillende nasies oor 16 wedstryde uitgespeel. Dit het op 17 Junie 2017 op die Sint Petersburg-stadion met ’n wedstryd tussen die gasheer Rusland en Nieu-Seeland afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 2 Julie met die eindstryd tussen Chili en Duitsland, waartydens Duitsland die Sokker-Konfederasiebekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Konfederasiebekertoernooie in 1997, 1999, 2001, 2003, 2005, 2009 en 2013 ingespan.

Kalender

Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie dui op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n kakie blokkie op beide die bronseindstryd en die eindstryd wat op dieselfde dag beslis is.

Meer inligting Groepfase Junie, Sa 17 ...

Groepfase

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 is deur agt nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Een vir ’n gelykop;
  • geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit vier wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die halfeindstryde gespeel met die wenner van Groep A wat teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B wat teen die naaswenner van Groep A gespeel het. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.

Remove ads

Wedstryde

Kitsfeite

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 26 November 2016 in die Tennisakademie in Kazan gehou.

Groepfase

Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A

Meer inligting Land, Wed ...

17 Junie 2017
18:00
Vlag van Rusland Rusland 2–0 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Sint Petersburg-stadion, Sint Petersburg
Toeskouers: 50 251
Skeidsregter: Wilmar Roldán (Colombia)
Boxall Doelpunt na 31 minute 31' (e.d.)
Smolof Doelpunt na 69 minute 69'
Verslag

18 Junie 2017
18:00
Vlag van Portugal Portugal 2–2 Vlag van Meksiko Meksiko Kazanarena, Kazan
Toeskouers: 34 372
Skeidsregter: Néstor Pitana (Argentinië)
Quaresma Doelpunt na 34 minute 34'
Soares Doelpunt na 86 minute 86'
Verslag Doelpunt na 42 minute 42' Hernández
Doelpunt na 90+1 minute 90+1' Moreno

21 Junie 2017
18:00
Vlag van Rusland Rusland 0–1 Vlag van Portugal Portugal Spartakstadion, Moskou
Toeskouers: 42 759
Skeidsregter: Gianluca Rocchi (Italië)
Verslag Doelpunt na 8 minute 8' Ronaldo

21 Junie 2017
21:00
Vlag van Meksiko Meksiko 2–1 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Fishtstadion, Sotsji
Toeskouers: 25 133
Skeidsregter: Bakary Gassama (Gambië)
Jiménez Doelpunt na 54 minute 54'
Peralta Doelpunt na 72 minute 72'
Verslag Doelpunt na 42 minute 42' Wood

24 Junie 2017
18:00
Vlag van Meksiko Meksiko 2–1 Vlag van Rusland Rusland Kazanarena, Kazan
Toeskouers: 41 585
Skeidsregter: Fahad Al-Mirdasi (Saoedi-Arabië)
Araujo Doelpunt na 30 minute 30'
Lozano Doelpunt na 52 minute 52'
Verslag Doelpunt na 25 minute 25' Samedof

24 Junie 2017
18:00
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 0–4 Vlag van Portugal Portugal Sint Petersburg-stadion, Sint Petersburg
Toeskouers: 56 290
Skeidsregter: Mark Geiger (VSA)
Verslag Doelpunt na 33 minute 33' (straf) Ronaldo
Doelpunt na 37 minute 37' B. Silva
Doelpunt na 80 minute 80' A. Silva
Doelpunt na 90+1 minute 90+1' Nani

Groep B

Meer inligting Land, Wed ...

18 Junie 2017
21:00
Vlag van Kameroen Kameroen 0–2 Vlag van Chili Chili Spartakstadion, Moskou
Toeskouers: 33 492
Skeidsregter: Damir Skomina (Slowenië)
Verslag Doelpunt na 81 minute 81' Vidal
Doelpunt na 90+1 minute 90+1' Vargas

19 Junie 2017
18:00
Vlag van Australië Australië 2–3 Vlag van Duitsland Duitsland Fishtstadion, Sotsji
Toeskouers: 28 605
Skeidsregter: Mark Geiger (VSA)
Rogic Doelpunt na 41 minute 41'
Juric Doelpunt na 56 minute 56'
Verslag Doelpunt na 5 minute 5' Stindl
Doelpunt na 44 minute 44' (straf) Draxler
Doelpunt na 48 minute 48' Goretzka

22 Junie 2017
18:00
Vlag van Kameroen Kameroen 1–1 Vlag van Australië Australië Sint Petersburg-stadion, Sint Petersburg
Toeskouers: 35 021
Skeidsregter: Milorad Mažić (Serwië)
Zambo Anguissa Doelpunt na 45+1 minute 45+1' Verslag Doelpunt na 60 minute 60' (straf) Milligan

22 Junie 2017
21:00
Vlag van Duitsland Duitsland 1–1 Vlag van Chili Chili Kazanarena, Kazan
Toeskouers: 38 222
Skeidsregter: Alireza Faghani (Iran)
Stindl Doelpunt na 41 minute 41' Verslag Doelpunt na 6 minute 6' Sánchez

25 Junie 2017
18:00
Vlag van Duitsland Duitsland 3–1 Vlag van Kameroen Kameroen Fishtstadion, Sotsji
Toeskouers: 30 230
Skeidsregter: Wilmar Roldán (Colombia)
Demirbay Doelpunt na 48 minute 48'
Werner Doelpunt na 66 minute 66', Doelpunt na 81 minute 81'
Verslag Doelpunt na 78 minute 78' Aboubakar

25 Junie 2017
18:00
Vlag van Chili Chili 1–1 Vlag van Australië Australië Spartakstadion, Moskou
Toeskouers: 33 639
Skeidsregter: Gianluca Rocchi (Italië)
Rodríguez Doelpunt na 67 minute 67' Verslag Doelpunt na 42 minute 42' Troisi

Uitklopfase

Halfeindrondte Eindrondte
28 Junie – Kazan
 Vlag van Portugal Portugal  0
(0)
 
 Vlag van Chili Chili  0
(3)
 
 
2 Julie – Sint Petersburg
     Vlag van Chili Chili  0
   Vlag van Duitsland Duitsland  1
Derde plek
29 Junie – Sotsji 2 Julie – Moskou
 Vlag van Duitsland Duitsland  4  Vlag van Portugal Portugal  2
 Vlag van Meksiko Meksiko  1    Vlag van Meksiko Meksiko  1

Halfeindrondte


28 Junie 2017
21:00
Vlag van Portugal Portugal 0–0 (e.t.) Vlag van Chili Chili Kazanarena, Kazan
Toeskouers: 40 855
Skeidsregter: Alireza Faghani (Iran)

Quaresma Missed
Moutinho Missed
Nani Missed
Verslag
Strafskoppe
0–3

Scored Vidal
Scored Aránguiz
Scored Sánchez

29 Junie 2017
21:00
Vlag van Duitsland Duitsland 4–1 Vlag van Meksiko Meksiko Fishtstadion, Sotsji
Toeskouers: 37 923
Skeidsregter: Néstor Pitana (Argentinië)
Goretzka Doelpunt na 6 minute 6', Doelpunt na 8 minute 8'
Werner Doelpunt na 59 minute 59'
Younes Doelpunt na 90+1 minute 90+1'
Verslag Doelpunt na 89 minute 89' Fabián

Klein finale (om die derde plek)


2 Julie 2017
15:00
Vlag van Portugal Portugal 2–1 (e.t.) Vlag van Meksiko Meksiko Spartakstadion, Moskou
Toeskouers: 42 659
Skeidsregter: Fahad Al-Mirdasi (Saoedi-Arabië)
Pepe Doelpunt na 90+1 minute 90+1'
Adrien Doelpunt na 104 minute 104' (straf)
Verslag Doelpunt na 54 minute 54' (e.d.) Neto

Eindstryd


2 Julie 2017
21:00
Vlag van Chili Chili 0–1 Vlag van Duitsland Duitsland Sint Petersburg-stadion, Sint Petersburg
Toeskouers: 57 268
Skeidsregter: Milorad Mažić (Serwië)
Verslag Doelpunt na 20 minute 20' Stindl


Meer inligting Sokker-Konfederasiebekerkampioen 2017 ...
Remove ads

FIFA se terugwerkende ranglys

Thumb
Die Duitse nasionale sokkerspan nadat hulle die Sokker-Konfederasiebekertrofee ingepalm het

In 2017 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Konfederasiebeker insluitende die destydse FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[4] Die ranglys vir die 2017-toernooi is soos gevolg:

Meer inligting Rang, Span ...
Remove ads

Meeste doele aangeteken

Meeste doele aangeteken:

Meer inligting Rang, Speler ...
Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads