Fermium
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Fermium is ’n sintetiese chemiese element met die atoomgetal 100 en simbool Fm. Dit val in die aktiniedreeks en is die swaarste element wat in makroskopiese hoeveelhede vervaardig kan word deur ligter elemente met neutrone te beskiet.[1][2] Suiwer fermiummetaal is egter nog nie geskep nie.[1] Altesaam 19 isotope is bekend; die een met die langste halfleeftyd is 257Fm (100,5 dae).
Die element is ontdek in die neerslag van die eerste waterstofbomontploffing in 1952 en genoem na Enrico Fermi, een van die pioniers van kernfisika. Sy chemiese eienskappe is tipies van die laat aktiniede. Vanweë die klein hoeveelhede fermium wat vervaardig kan word en die relatief kort halfleeftyd van sy isotope, het dit tans geen nut buiten vir navorsingsdoeleindes nie.
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads