Formosaanse tale
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Formosaanse tale is die tale van die eiland Taiwan (Republiek China) se inheemse bevolking en behoort tot die Austronesiese tale. Die deur die regering erkende Taiwanese aborigines vorm sowat 2,3% van die eiland se bevolking.[1] As gevolg van eeue se taalverskuiwing kan baie min van hulle nog die taal van hul voorvarders praat. Van die sowat 26 tale van die Taiwanese aborigines is tien reeds uitgestorwe, vier (moontlik vyf) is sterwend, en verskeie ander is op 'n vlak bedreig.[2][3]

Die inheemse tale van Taiwan is belangrik vir die historiese taalwetenskap, omdat Taiwan die plek van oorsprong vir die hele Austronesiese taalgroep vorm. Volgens die taalkundige Robert Blust vorm die Formosaanse tale nege van die tien hooftakke van die Austronesiese tale,[4] terwyl die tiende oorblywende hooftak omtrent 1 200 Maleis-Polinesiese tale buite Taiwan bevat.[5] Hoewel party taalkundiges met sommige details van Blust se analise verskil, bestaan 'n breë konsensus dat die Atayaliese tale op Taiwan ontstaan het.[6] Dié teorie is deur onlangse studies in die menslike bevolking se genetika versterk en ondersteun ook die matrilineêre aard van die migrasie.[7][8][9][10]
Al die Formosaanse tale word bestendig deur die kultureel dominante Chinees-Mandaryns bedreig. In die onlangse dekades het die Taiwanese regering die herinvoering van die taalonderrig vir die Formosaanse tale geïnisieer.[11][12] Die Formosaanse tale vorm sedert 2017 saam met Chinees-Mandaryns, Taiwannees en Hakka die amptelike tale van die Republiek China op Taiwan.[13]
Remove ads
Lys van tale
Lewende tale




Dit is dikwels moeilik om te besluit waar die grens tussen 'n taal en 'n dialek getrek kan word, wat tot 'n meningsverskil onder geleerdes rakende die indeeling van Formosaanse tale lei. Daar is selfs meer onsekerheid oor moontlike uitgestorwe of geassimileerde Formosaanse mense. Algemene voorbeelde van Formosaanse tale word hieronder gegee,[14] maar die lys moet nie as volledig beskou word nie.
- Hoewel Yami nie geografies in Taiwan versprei is nie, word dit taalkundig as 'n Formosaanse taal geklassifikeer.
Uitgestorwe tale
Remove ads
Verwysings
Bronnelys
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads