Hakka

From Wikipedia, the free encyclopedia

Hakka
Remove ads

Hakka of Kejia (Vereenvoudigde Chinees: 客家话, Tradisionele Chinees: 客家話, pinyin: Kèjiāhuà, letterlik: "Hakka-taal") is 'n Sino-Tibettaanse taal of 'n dialek van Chinees wat in die Volksrepubliek China, die omstrede Republiek China op Taiwan, Singapoer en deur Chinese oorsese gemeenskappe in Indië, Indonesië, Japan, Maleisië, Mauritius, Singapoer, Suid-Afrika, Suriname, Thailand en Viëtnam gepraat word. Die taal het sowat 48,5 miljoen sprekers en is daarmee die sesde mees verspreide dialek van Chinees naas Mandaryns, Wu, Kantonees, Min en Xiang. Dit is die naaste verwant aan Gan en word veral in die Suidoos-Chinese provinsies Guangdong, Fujian en Jiangxi deur die Hakka-volk gepraat.

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Hakka (volk).
Kitsfeite Hakka 客家語/客家语/客家話/客家话 Kèjiāhuà, Amptelike status ...
Thumb
Die woord Hak-kâ-fa/Hak-kâ-va ("Hakka-taal") geskryf in Tradisionele Chinese (links) en Vereenvoudigde Chinese (regs) karakters

Hakka het 48 210 500 moedertaalsprekers, terwyl sowat 248 000 mense dit as 'n tweede taal praat. Soos die ander Chinese tale word Hakka met Chinese karakters geskryf, maar soms ook met 'n gemodifiseerde Latynse alfabet. In Desember 2017 het Hakka 'n amptelike taal van die Republiek China op Taiwan geword, saam met Chinees en Formosaanse tale.[2]

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads