Mandaryns

From Wikipedia, the free encyclopedia

Mandaryns
Remove ads

Mandaryns (Vereenvoudigde Chinees: 官话, Tradisionele Chinees: 官話, pinyin: Guānhuà, letterlik: "taal van die beamptes"), ook Hoog-Chinees of Mandaryn-Chinees genoem, is 'n groep van verwante variëteite van Chinees wat in die meeste van die noorde en die suidweste van China gepraat word.

Thumb
Die woord Guānhuà ("Mandaryns") geskryf in Tradisionele Chinese (links) en Vereenvoudigde Chinese (regs) karakters
Kitsfeite Mandaryns 官話/官话, Guānhuà 北方話/北方话, Běifānghuà, Amptelike status ...

Omdat die meeste Mandarynsdialekte in die noorde gepraat word, word die groep ook Noordelike dialekte (北方话, běifānghuà) genoem. Indien die Mandarynsgroep as een taal gereken word, soos dikwels in akademiese literatuur, het dit meer moedertaalsprekers (byna 'n miljard) as enige ander taal ter wêreld. Soms word die Jin-dialek by Mandaryns ingereken.

Mandaryns is die amptelike taal van die Volksrepubliek China en die Republiek China, een van die amptelike tale van Hongkong (saam met Engels en Kantonees), Macau (saam met Kantonees en Portugees) en Singapoer (saam met Engels, Maleis en Tamil). Daarbenewens vorm Mandaryns saam met Arabies, Engels, Frans, Russies en Spaans die amptelike tale van die Verenigde Nasies.

Mandaryns word met Chinese karakters geskryf.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads