Geelhout
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die geelhout (Podocarpus latifolius), ook bekend as opregte geelhout of breëblaar-geelhout, is 'n groot immergroen boom in die familie Podocarpaceae wat tot 35 m hoog word. Hierdie boomspesie is Suid-Afrika se nasionale boom.[1] Die hout word in die houtbedryf benut. Die boom se FSA-nommer is 18.[2]
Remove ads
Verspreiding en status
Dit is inheems aan Lesotho, Suid-Afrika en Eswatini en op die SANBI-rooilys word dit as 'veilig' gelys.[3] Dit word aangetref van die Wes-Kaap tot in Mpumalanga en Limpopo. Soos ander geelhoute is dit 'n beskermde spesie in Suid-Afrika, en kan net met die nodige lisensie benut word.[4]
Beskrywing
Die stam kan 'n middellyn van tot 3 m hê. Dit is reusagtig wanneer dit in immergroen berg- en kuswoude groei, maar kom voor as lae of dwergagtige bome op blootgestelde berghange. Die bas is langskeeps gegroef. Manlike bome produseer pienkerige, katjieagtige keëls wat ongeveer 2,5 cm lank is. Die vroulike bome produseer vlesige blombodems en aan die punt word een of twee sade gevind. Die sade is ongeveer 1 tot 1,5 cm lank, dun en vlesig en word op 'n helderrooi, vlesige kussinkie gedra. Die sade word blou of perskleurig wanneer hulle volwassenheid bereik.
Remove ads
Fotogalery
Saailinge Teen die hang van Tafelberg Loof op Tafelberg Loof in Graskopkloof - Injasuthi, KwaZulu-Natal Drakensberg, Suid-Afrika
Sien ook
Verwysings
Bronne
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads