Geelsuikerbos

Spesie van protea From Wikipedia, the free encyclopedia

Geelsuikerbos
Remove ads

Die geelsuikerbos (Protea aurea) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Dit staan ook as die langknopsuikerbos bekend. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in Riviersonderend, die Langeberg en Outenikwaberge voor waar dit deel van die fynbosbioom is. Die struik is groot en word tot 5 m hoog en blom hoofsaaklik van Januarie tot Junie.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...

Die plant gaan dood na 'n brand maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en vrygelaat na dit ryp geword het en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in sanderige grond op hoogtes van 150 - 800 m.

Die boom se FSA-nommer is 90.3.[1] In Engels staan dit as die Common shuttlecock sugarbush bekend.

Die plant het ook 'n subspesie: Protea aurea subs. potbergensis wat net op die Potberg voorkom.

Remove ads

Infraspesies

Die spesie het twee infraspesies:

  • Protea aurea subsp. aurea
  • Protea aurea subsp. potbergensis (Rourke) Rourke


Galery

Sien ook

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads