Geslote klinker
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
'n Geslote klinker is 'n tipe klinkerklank wat in baie gesproke tale gebruik word. Die bepalende eienskap van 'n geslote klinker is dat die tong so an as moontlik aan die verhemelte geplaas word sonder om 'n versperring te veroorsaak wat die klank in 'n konsonant sou omskep.[1]
Sien ook: IFA, Konsonante
Voor | Naby-voor | Sentraal | Naby-agter | Agter | |
Geslote | |||||
Naby-geslote | |||||
Geslote-mid | |||||
Mid | |||||
Oop-mid | |||||
Naby-oop | |||||
Oop |
Waar simbole in pare voorkom verteenwoordig
die een na regs 'n geronde klinker.
die een na regs 'n geronde klinker.
Die term word deur die International Fonetika Assosiasie voorgeskryf. Geslote klinkers word ook baie keer hoë klinkers genoem aangesien die tong tydens uitspraak hoog in die mond geplaas word.
Die ses geslote klinkers wat in die Internasionale Fonetiese Alfabet geïdentifiseer word is:
- ongeronde geslote voorklinker [i]
- geronde geslote voorklinker [y]
- ongeronde geslote sentraalklinker [ɨ]
- geronde geslote sentraalklinker [ʉ]
- ongeronde geslote agterklinker [ɯ]
- geronde geslote agterklinker [u]
In die konteks van die fonologie van enige spesifieke taal kan 'n hoë klinker enige klinker wees wat meer geslote is as 'n middel klinker. Dit wil sê, geslote-middel klinkers, naby-geslote-middel klinkers, en geslote klinkers kan almal as hoë klinkers beskou word.[1]
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads