Gewone wildepietersieliebos
Plantspesie From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die gewone wildepietersieliebos (Heteromorpha arborescens) is 'n struik of klein boompie met 'n yl loof en neerhangende takke. In struikvorm is die takke oop. Die plant groei in klipperige heuwelhange en koppies. Die bas is kenmerkend koperbrons en wasagtig. Dit dop ook in papieragtige stukke af. Die blare is op verskillende wyses saamgestel en gee 'n aromatiese pietersieliegeur af wanneer dit fyngedruk word. Die gelerige blomme lok skoenlappers.
Die plant word in Suid-Afrika vir tradisionele behandelings gebruik. Die wortels word saam met melk of bier teen pyn aangewend. Die aktiewe komponent is 'n anti-inflammatoriese kumarien, 6,7-dimetoksi-2H-chromen-2-oon. Die boom se hout is baie sag en word deur die Xhosa's vir musiekinstrumente gebruik.[1]
Remove ads
Verspreiding
Die boom is inheems in Angola, Botswana, Burundi, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Jemen, Kenia, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Namibië, Rwanda, Soedan, Suid-Afrika, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Subspesies
Die spesies het vier subspesies:
Sien ook
Verwysings
Bronne
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads