Heuningwysers
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die heuningwysers en heuningvoëls (Indicatoridae) is 'n Ouwêreldse familie van boomlewende, broeiparasitiese klimvoëls in die spegvoëlorde (Piciformes). Hul wetenskaplike naam is afgelei van indicator (Latyn), 'n aanduier of gids.[1]

Remove ads
Kenmerke
Hul sigodaktiele pote (twee tone vorentoe en twee na agter) onderskei hulle van alle sangvoëls, en hul vlerke is lank vergeleke met voëls van vergelykbare bou en grootte.[2] Hulle het ook ‘n taaier vel, moontlik as beskerming teen bysteke.[3] Hulle is oorwegend kleinerig met onopvallende gewoontes en ewe onopvallende veredrag. Die uitsondering hierop is egter hul buite-stertvere wat in vlug duidelik wit vertoon,[4] die geswinde vertoonvlugte van sommige, en by ander die mannetjies se langdurige roepsessies uit boomtoppe of van verskuilde sangposte.
Twee spesies vestig die aandag op hulself om mense en moontlik ratels na byneste te lei.[2][3] Al die spesies beskik oor ‘n bakterie in die spysverteringkanaal wat hulle in staat stel om was te verteer, wat by die Prodotiscus-spesies van dopluise verkry word.[3] Benewens dopluis- en byewas vreet hulle byeiers en -larwes, benewens ander insekte en hul larwes wat op verskeie maniere gejag word. Heuning vorm nie juis deel van hul dieet nie.[3] Houtkappers, spegte en byvreters is hul vernaamste broeigashere,[4] en vasstelling van die onderskeie gasheerspesies is ‘n moeisame taak.[5] Etlike spesiepare bestaan wat mekaar in reënwoud en savanne afwissel.[5] ‘n Baanbrekende verhandeling oor die heuningwysers is dié van Friedmann,[6] maar aansienlike kennis is sedertdien opgedoen.[5]
Remove ads
Taksonomie
- Genus Indicator Stephens, 1815
- Indicator archipelagicus — Maleisiese heuningwyser
- Indicator conirostris
- Indicator exilis — Minste heuningwyser
- Indicator indicator — Grootheuningwyser
- Indicator maculatus — Kolletjiesheuningwyser
- Indicator meliphilus — Oostelike heuningwyser
- Indicator minor — Kleinheuningwyser
- Indicator pumilio — Dwergheuningwyser
- Indicator variegatus — Gevlekte heuningwyser
- Indicator willcocksi — Willcocks se heuningwyser
- Indicator xanthonotus — Geelrugheuningwyser
- Genus Melichneutes Reichenow, 1910
- Melichneutes robustus
- Genus Melignomon Reichenow, 1898
- Melignomon eisentrauti
- Melignomon zenkeri
- Genus Prodotiscus Sundevall, 1850
- Prodotiscus insignis
- Prodotiscus regulus — Skerpbekheuningvoël
- Prodotiscus zambesiae — Dunbekheuningvoël
Remove ads
Sien ook
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads