Howickwaterval

From Wikipedia, the free encyclopedia

Howickwaterval
Remove ads

Die Howickwaterval is 'n waterval in die Umgenirivier, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Dit is 111 m hoog.[1]

Thumb
Die Howickwaterval in November 2009.

Natuurreservaat

Die terrein van 10 ha rondom die waterval is die eiendom van die plaaslike owerheid en is in 1951 tot natuurmonument verklaar. In hierdie reservaat is kolle met besondere plante, veral in die misgordel in die kloof onder die val. Hierdie inheemse bos is uniek in die provinsie en daarom van belang om te bewaar.

Flora

Plante wat hier voorkom, is sikadeë en aalwyne tussen die wildevye, geelhout, witstinkhout, kiepersol, combretum (boswilg) en papierbasdoring.

Fauna

Die bekendste diere in die reservaat is die blouduiker, kroonarend, reusevisvanger, gewone vleiloerie en die gewone boskraai. Endemiese visspesies is die Madagaskar-bontpaling en die skerptandbaber.

Thumb
Die Howickwaterval.

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads