Papierbasdoring
boom wat inheems aan Suid-Afrika is en aangetref word in die bosveld van KwaZulu-Natal en noord van die Vaalrivier in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die papierbasdoring (Vachellia sieberiana[1][2]) is 'n boom wat inheems aan Suid-Afrika is en aangetref word in die bosveld van KwaZulu-Natal en noord van die Vaalrivier in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga. Die bas is gryserig of gelerig bruin en is dikwels kurkagtig of skilfer af. Die reguit dorings word tot 9 cm lank. Die blomme word in klein donserige wit hofies gedra. Die peule is dik, houtagtig en ongeveer 15 cm lank. Die peule gaan eers oop nadat dit van die boom afgeval het. Die boom se FSA-nommer is 187.[3][4]



In Afrika is die boom inheems in Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Gambië, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Malawi, Mali, Mauritanië, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Rwanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Remove ads
Sien ook
| Wikimedia Commons bevat media in verband met Acacia sieberiana. |
Verwysings
Bronne
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
