Kaboel

From Wikipedia, the free encyclopedia

Kaboel
Remove ads

Kaboel (Persies: کابل; Pasjtoe: کابل, geromaniseer: Kâbəl, [kɑˈbəl]; Dari: کابل, geromaniseer: Kābul, [kɑːˈbʊl]) is die hoofstad en grootste stad van Afghanistan, geleë in die ooste van die land. Dit is ook 'n munisipaliteit wat deel uitmaak van die groter provinsie Kaboel en in 22 distrikte verdeel is. Volgens beramings in 2025 is die bevolking van Kaboel 7,175 miljoen,[1] wat al die belangrikste etniese groepe van Afghanistan insluit.[2] Kaboel is die enigste stad in Afghanistan met meer as 1 miljoen inwoners en dit dien as sy politieke, kulturele en ekonomiese sentrum.[3][4] Die vinnige verstedeliking het van Kaboel die 75ste grootste stad ter wêreld gemaak.[5]

Kaboel
کابل • کابل • کابل
Thumb

Kaart Wapen
Thumb
Thumb
Vlag
 Land Vlag van Afghanistan Afghanistan
 Provinsie Kaboel
 Koördinate 34°31′59″N 69°09′58″O
 Stigting 5de eeu v.C.
 Oppervlakte:  
 - Totaal 425 vk km
 Hoogte bo seevlak 1 790 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2025) 7 175 000
 - Bevolkingsdigtheid 18 278/vk km
 Tydsone UTC+04:30
 Burgemeester Mohammad Yunus Noandesh
 Amptelike webwerf km.gov.af

Kaboel is hoog in 'n nou vallei tussen die Hindoekoesjberge geleë, met 'n hoogte van 1790 meter wat dit een van die hoogste hoofstede ter wêreld maak. Die stad is na bewering meer as 3 500 jaar oud en die eerste verwysings dateer uit die tyd van die Achaemenidiese Ryk genoem word. Dit is geleë op kruispad in Asië – ongeveer halfpad tussen Istanbul in die weste en Hanoi in die ooste – op 'n strategiese plek langs die handelsroetes van Suid- en Sentraal-Asië en dit was 'n belangrike plek langs die antieke Syroete.[6] Dit was deel van die Achaemenidiese Ryk, gevolg deur die Seleukidiese Ryk, Maurydinastie, Koesjane, Kaboel Shahi's, Saffarides, Samanides, Ghaznavids, Ghuriddinastie, Khwarazmdinastie, Qarlughids, Khaljidinastie, Timoeriede, Mongoolse Ryk, Mogolryk en Hotaks, totdat dit uiteindelik deel geword het van die Durrani-ryk (ook bekend as die "Afghaanse Ryk") in 1747.[7] Kaboel het in 1776, tydens die bewind van Timur Shah Durrani, die seun van Ahmad Shah Durrani, die hoofstad van Afghanistan geword.

In die vroeë 19de eeu het die Britte die stad beset, maar nadat hulle buitelandse betrekkinge aangeknoop het, moes hulle alle magte uit Afghanistan onttrek. Die stad is in 1979 deur die Sowjetunie beset, maar ook hulle het dit laat vaar nadat die Geneefse ooreenkoms van 1988 onderteken is. 'n Burgeroorlog in die negentigerjare tussen verskillende rebellegroepe het 'n groot deel van die stad vernietig, wat tot baie slagoffers gelei het.[8] Sedert laat 2001 is die stad voortdurend herbou.[9]

Kaboel is bekend vir sy tuine, basaars en paleise,[10][11][12] bekende voorbeelde is die tuine van Babur en Darul Aman-paleis. Dit was voorheen ook 'n mekka vir jong westerse hippies.[13][14] Ondanks gereelde terroriste-aanvalle in die stad, hoofsaaklik deur opstandelinge van die Taliban, gaan die stad voort om te ontwikkel en was dit die vyfde vinnigste groeiende stad ter wêreld vanaf 2012.[15][16]

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads