Karatsji

From Wikipedia, the free encyclopedia

Karatsji
Remove ads

Karatsji (Engels: Karachi, Sindhi: ڪراچي, Oerdoe: کراچی Karācī [kəˈrɑːˌtʃi]) is met 'n bevolking van 23 500 000 in 2013 die grootste stad van Pakistan asook van die Islamitiese wêreld en die tweede grootste stad ter wêreld na die Chinese stad Shanghai. Dit is die belangrikste seehawe en finansiële sentrum van die land. Karatsji het tot die stigting van Islamabad in 1960 as hoofstad van Pakistan gedien.

Thumb
Nasa-satellietbeeld van Karatsji

Karatsji
کراچی • ڪراچي
Thumb

Kaart Vlag
Thumb
Thumb
Wapen
 Land Vlag van Pakistan Pakistan
 Provinsie Sindh
 Koördinate 24°51′N 67°00′O
 Stigting (eerste verwysing) 1742
 Oppervlakte:  
 - Totaal 3 527 vk km[1]
 Hoogte bo seevlak 8 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2017) 14 916 456[2]
 - Bevolkingsdigtheid 6 662,9/vk km
 Tydsone UTC+5
 Burgemeester Murtaza Wahab
 Amptelike webwerf karackmc.gos.pk

Daar is die eerste keer na Karatsji verwys in 'n Nederlandse dokument in 1742. Die Britse Oos-Indiese Kompanjie het die stad in 1839 van die Mogolryk verower en in 1843 by die Britse gebiede Sindh as hoofstad ingelyf. Met die stigting van Brits-Indië in 1858 het Karatsji deel van die Britse Kroonkolonie geword en 'n smeltkroes van kulture gevorm. Met die onafhanklikheidwording van Pakistan in 1947 het dié stad die hoofstad van dié land geword.

Karatsji is net noord van die Indusdelta, Pakistan se grootste en belangrikste rivier, aan die Indiese Oseaan (Arabiese See) geleë.

Karatsji was een van die gasheerstede tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1987 en 1996 asook die Kampioenetrofee 2025.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads