Kampioenetrofee 2013

From Wikipedia, the free encyclopedia

Kampioenetrofee 2013
Remove ads

Die Kampioenetrofee 2013 (Engels: 2013 ICC Champions Trophy) is van 6 tot 23 Junie 2013 in Engeland en Wallis beslis. Dit was die sewende Kampioenetrofee in EDI-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is.

Thumb
Die Kampioenetrofee waarom meegeding is
Kitsfeite Datums, Bestuurder ...

Die toernooi se formaat van 2009 het onveranderd gebly en die destydse agt beste nasionale spanne op die EDI-ranglys het aan die Kampioenetrofee 2013 deelgeneem: Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië. Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet.

Engeland, Indië, Sri Lanka en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Engeland het Suid-Afrika en Indië het Sri Lanka geklop, waardeur Engeland en Indië mekaar in die eindstryd ontmoet het. In die eindstryd op Edgbaston in Birmingham het Indië die gasheer met vyf lopies (D/L-metode) verslaan en sodoende sy tweede Kampioenetrofeetitel gewen. Saam met hul oorwinnings tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1983 en 2011, die T20I-wêreldbeker 2007 en die gedeelde titel met Sri Lanka tydens die Kampioenetrofee 2002 was dit Indië se vierde internasionale kriekettitel. Die verdedigende kampioen Australië is reeds in die groepfase uitgeskakel.

Dit sou oorspronklik die laaste Kampioenetrofee gewees het en in 2017 deur die Wêreldtoetskampioenskap vervang word,[3] maar in Januarie 2014 is dié plan herroep en aangekondig dat in 2017 wel ’n Kampioenetrofee sal plaasvind en die Wêreldtoetskampioenskap gekanselleer is.[4]

Remove ads

Toewysing

Die Internasionale Krieketraad het Engeland en Wallis as gashere vir die Kampioenetrofee 2013 aangewys.

Deelnemers

Die destydse agt beste spanne op die EDI-ranglys soos op 21 Augustus 2012 het vir die Kampioenetrofee 2013 gekwalifiseer: Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië. Die wedstrydskedule en groepe is op 21 Augustus 2012 bekend gemaak.[5] Bangladesj en Zimbabwe kon weens hul lae plekke op die EDI-ranglys nie vir die Kampioenetrofee 2013 kwalifiseer nie. Daar het ook geen assosiaatlid aan die toernooi deelgeneem nie.

Thumb
Uitslag van die kwalifisering; altesaam tien spanne het deelgeneem.

 Gekwalifiseer deur die IKR se EDI-ranglys

 Nie gekwalifiseer nie

 Nie deelgeneem nie

Meer inligting Span, Kwalifiseringmetode ...
Remove ads

Stadions

Tydens die toernooi is twee Engelse en een Walliese stadion gebruik. Altesaam 15 wedstryde is tydens die Kampioenetrofee 2013 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd. Al die drie stadions het groepwedstryde en wedstryde in die uitklopfase aangebied.

Meer inligting Birmingham, Cardiff ...

Formaat

Die Kampioenetrofee 2013 is oor 18 dae tussen agt verskillende spanne oor 15 wedstryde beslis. Dit het op 6 Junie 2013 op Sophia Gardens in Cardiff, Wallis, met die openingswedstryd tussen Indië en Suid-Afrika begin. Die toernooi het geëindig op Edgbaston in Birmingham, Engeland, op 23 Junie met die eindstryd tussen Engeland en Indië, waartydens Indië die Kampioenetrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Kampioenetrofee 2009 gebruik.

Kalender

Die volgende tabel dui die Kampioenetrofee 2013 se daaglikse program aan. ’n Siaan blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Meer inligting Groepfase Junie, Do 6 ...

Groepe

Groepfase

Die Kampioenetrofee 2013 is deur agt nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die twee beste spanne van elke groep het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis.

Remove ads

Betrokkenes

Skeidsregters en wedstrydbeamptes

’n Paneel van twaalf skeidsregters en drie wedstrydbeamptes is vir die toernooi gebruik.[6]

Skeidsregters

Wedstrydbeamptes

Remove ads

Wedstryde

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepfase

Kitsfeite

Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die beste twee spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet.

Groep A

Thumb
Wedstryd tussen Australië en Engeland op Edgbaston in Birmingham
Meer inligting Span, S ...
8 Junie 2013
10:30 (BST)
Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
269/6 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Australië Australië
221/9 (50 boulbeurte)
Ian Bell 91 (115)
Clint McKay 2/38 (10 boulbeurte)
George Bailey 55 (69)
James Anderson 3/30 (10 boulbeurte)
Engeland wen met 48 lopies
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Marais Erasmus (RSA)
Speler van die wedstryd: Ian Bell (Eng)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
9 Junie 2013
10:30 (BST)
Telkaart
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
138 (37.5 boulbeurte)
t
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
139/9 (36.3 boulbeurte)
Kumar Sangakkara 68 (87)
Mitchell McClenaghan 4/43 (8.5 boulbeurte)
Nathan McCullum 32 (42)
Lasith Malinga 4/34 (10 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met een paaltjie
Sophia Gardens, Cardiff
Skeidsregters: Bruce Oxenford en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Nathan McCullum (NZ)
  • Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
12 Junie 2013
10:30 (BST)
Telkaart
Vlag van Australië Australië
243/8 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
51/2 (15 boulbeurte)
Adam Voges 71 (76)
Mitchell McClenaghan 4/65 (10 boulbeurte)
Kane Williamson 18* (37)
Clint McKay 2/10 (4 boulbeurte)
Onbeslis
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Nigel Llong (Eng)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Wedstryd afgelas weens reën.
13 Junie 2013
13:00 (BST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
293/7 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
297/3 (47.1 boulbeurte)
Jonathan Trott 76 (87)
Rangana Herath 2/46 (10 boulbeurte)
Kumar Sangakkara 134* (135)
James Anderson 2/51 (10 boulbeurte)
Sri Lanka wen met sewe paaltjies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Billy Bowden (NZ) en Aleem Dar (Pak)
Speler van die wedstryd: Kumar Sangakkara (SL)
  • Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Kumar Sangakkara (SL) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.[7]
16 Junie 2013
10:30 (BST)
Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
169 (23.3 boulbeurte)
t
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
159/8 (24 boulbeurte)
Alastair Cook 64 (47)
Kyle Mills 4/30 (4.3 boulbeurte)
Kane Williamson 67 (54)
James Anderson 3/32 (5 boulbeurte)
Engeland wen met tien lopies
Sophia Gardens, Cardiff
Skeidsregters: Rod Tucker en Bruce Oxenford (Aus)
Speler van die wedstryd: Alastair Cook (Eng)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Reën verkort die wedstryd tot 24 boulbeurte per span.
  • Corey Anderson (NZ) het sy EDI-debuut gemaak.
  • Engeland vorder hiermee tot die halfeindrondte.
  • Nieu-Seeland is hiermee uit die toernooi geskakel.
17 Junie 2013
13:00 (BST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
253/8 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Australië Australië
233 (42.3 boulbeurte)
Mahela Jayawardene 84* (81)
Mitchell Johnson 3/48 (10 boulbeurte)
Adam Voges 49 (62)
Nuwan Kulasekara 3/42 (9 boulbeurte)
Sri Lanka wen met 20 lopies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Marais Erasmus (RSA) en Tony Hill (NZ)
Speler van die wedstryd: Mahela Jayawardene (SL)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Sri Lanka vorder hiermee tot die halfeindrondte.
  • Australië is hiermee uit die toernooi geskakel.

Groep B

Thumb
Wedstryd tussen Indië en Suid-Afrika op Sophia Gardens in Cardiff
Meer inligting Span, S ...
6 Junie 2013
10:30 (BST)
Telkaart
Vlag van Indië Indië
331/7 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
305 (50 boulbeurte)
Shikhar Dhawan 114 (94)
Ryan McLaren 3/70 (10 boulbeurte)
Ryan McLaren 71* (61)
Ravindra Jadeja 2/31 (9 boulbeurte)
Indië wen met 26 lopies
Sophia Gardens, Cardiff
Skeidsregters: Ian Gould (Eng) en Bruce Oxenford (Aus)
Speler van die wedstryd: Shikhar Dhawan (Ind)
  • Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Shikhar Dhawan (Ind) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.[7]
  • Die 636 totale aangetekende lopies is die destyds meeste in ’n Kampioenetrofeewedstryd en oortref die 624 lopies tussen Engeland en Suid-Afrika tydens die 2009-toernooi – later oortref in die wedstryd tussen Indië en Sri Lanka tydens die 2017-toernooi.[8]
7 Junie 2013
10:30 (BST)
Telkaart
Vlag van Pakistan Pakistan
170 (48 boulbeurte)
t
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
172/8 (40.4 boulbeurte)
Misbah-ul-Haq 96* (127)
Kemar Roach 3/28 (10 boulbeurte)
Chris Gayle 39 (47)
Mohammad Irfan 3/32 (9 boulbeurte)
Wes-Indië wen met twee paaltjies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Steve Davis (Aus) en Nigel Llong (Eng)
Speler van die wedstryd: Kemar Roach (WI)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
10 Junie 2013
13:00 (BST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
234/9 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Pakistan Pakistan
167 (45 boulbeurte)
Hashim Amla 81 (97)
Shoaib Malik 1/27 (6 boulbeurte)
Misbah-ul-Haq 55 (75)
Ryan McLaren 4/19 (8 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met 67 lopies
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Billy Bowden (NZ) en Richard Kettleborough (Eng)
Speler van die wedstryd: Hashim Amla (RSA)
  • Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Chris Morris (RSA) het sy EDI-debuut gemaak.
11 Junie 2013
10:30 (BST)
Telkaart
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
233/9 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Indië Indië
236/2 (39.1 boulbeurte)
Johnson Charles 60 (55)
Ravindra Jadeja 5/36 (10 boulbeurte)
Shikhar Dhawan 102* (107)
Sunil Narine 2/49 (10 boulbeurte)
Indië wen met agt paaltjies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Tony Hill (NZ)
Speler van die wedstryd: Ravindra Jadeja (Ind)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Ravindra Jadeja (Ind) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[9]
  • Shikhar Dhawan (Ind) teken sy tweede agtereenvolgende kampioenetrofeehonderdtal aan.[7]
  • Indië vorder hiermee tot die halfeindrondte.
  • Pakistan is hiermee uit die toernooi geskakel.
14 Junie 2013
10:30 (BST)
Telkaart
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
230/6 (31 boulbeurte)
t
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
190/6 (26.1 boulbeurte)
Colin Ingram 73 (63)
Dwayne Bravo 2/43 (5 boulbeurte)
Marlon Samuels 48 (38)
Dale Steyn 2/33 (6 boulbeurte)
Gelykop (D/L-metode)
Sophia Gardens, Cardiff
Skeidsregters: Steve Davis en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Colin Ingram (RSA)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Reën verkort die wedstryd tot 31 boulbeurte per span.
  • Suid-Afrika vorder hiermee tot die halfeindrondte.
  • Wes-Indië is hiermee uit die toernooi geskakel.
15 Junie 2013
10:30 (BST)
Telkaart
Vlag van Pakistan Pakistan
165 (39.4 boulbeurte)
t
Vlag van Indië Indië
102/2 (19.1 boulbeurte)
Asad Shafiq 41 (57)
Bhuvneshwar Kumar 2/19 (8 boulbeurte)
Shikhar Dhawan 48 (41)
Wahab Riaz 1/20 (4 boulbeurte)
Indië wen met agt paaltjies (D/L-metode)
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Ian Gould en Richard Kettleborough (Eng)
Speler van die wedstryd: Bhuvneshwar Kumar (Ind)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Reën verkort die wedstryd tot 40 boulbeurte per span.
  • Duckworth-Lewis-metode hersien teiken om te wen: 102 lopies in 22 boulbeurte vir Indië.

Uitklopfase

Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd ontmoet het.

  Halfeindrondte Eindrondte
             
19 Junie – Londen
 Vlag van Engeland Engeland 179/3  
 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 175   23 Junie – Birmingham
     Vlag van Engeland Engeland 124/8
20 Junie – Cardiff    Vlag van Indië Indië 129/7
 Vlag van Indië Indië 182/2
 Vlag van Sri Lanka Sri Lanka 181/8  

Halfeindrondte

19 Junie 2013
10:30 (BST)
Telkaart
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
175 (38.4 boulbeurte)
t
Vlag van Engeland Engeland
179/3 (37.3 boulbeurte)
David Miller 56* (51)
James Tredwell 3/19 (7 boulbeurte)
Jonathan Trott 82* (84)
Rory Kleinveldt 1/10 (4 boulbeurte)
Engeland wen met sewe paaltjies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: James Tredwell (Eng)
  • Engeland het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
20 Junie 2013
10:30 (BST)
Telkaart
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
181/8 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Indië Indië
182/2 (35 boulbeurte)
Angelo Mathews 51 (89)
Ishant Sharma 3/33 (9 boulbeurte)
Shikhar Dhawan 68 (92)
Angelo Mathews 1/10 (4 boulbeurte)
Indië wen met agt paaltjies
Sophia Gardens, Cardiff
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Richard Kettleborough (Eng)
Speler van die wedstryd: Ishant Sharma (Ind)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.

Eindstryd

23 Junie 2013
10:30 (BST)
Telkaart
Vlag van Indië Indië
129/7 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Engeland Engeland
124/8 (20 boulbeurte)
Virat Kohli 43 (34)
Ravi Bopara 3/20 (4 boulbeurte)
Eoin Morgan 33 (30)
Ravichandran Ashwin 2/15 (4 boulbeurte)
Indië wen met vyf lopies (D/L-metode)
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Ravindra Jadeja (Ind)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Reën verkort die wedstryd tot 20 boulbeurte per span.


Meer inligting Kampioenetrofeewenner 2013 ...
Remove ads

Statistiek

Finale puntestand

Hierdie tabel toon die finale puntestand van al agt deelnemende nasionale krieketspanne in die Kampioenetrofee 2013.

Thumb
Uitslag van die Kampioenetrofee 2013:

 Kampioen

 Naaswenner

 Halfeindrondte

 Groepfase

 Nie deelgeneem nie

Meer inligting Rang, Span ...

Meeste lopies en paaltjies

Meer inligting Naam, Lopies ...
Remove ads

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads