T20I-wêreldbeker 2007

From Wikipedia, the free encyclopedia

T20I-wêreldbeker 2007
Remove ads

Die T20I-wêreldbeker 2007 (Engels: 2007 ICC Men's T20 World Cup) is van 11 tot 24 September 2007 in Suid-Afrika beslis. Dit was die eerste T20I-wêreldbeker in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Destyds is dié toernooi Wêreldtwintig20 2007 (2007 ICC World Twenty20) genoem, maar sedert die 2021-toernooi staan dit as T20I-wêreldbeker bekend.[3] Ná die Krieketwêreldbeker 2007 in Maart en April in Wes-Indië was dit die tweede groot kriekettoernooi in 2007. Daarbenewens was dit ná die Krieketwêreldbeker 2003 die tweede groot kriekettoernooi in Suid-Afrika; dié land sou twee jaar later ook die Kampioenetrofee 2009 aanbied, waarmee Suid-Afrika die eerste land geword het wat al drie vername kriekettoernooie gehuisves het.

Thumb
Die T20I-wêreldbekertrofee waarom meegeding is
Kitsfeite Datums, Bestuurder ...

Twaalf nasionale krieketspanne het aan die T20I-wêreldbeker 2007 deelgeneem: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die Wêreldkrieketliga se afdeling een 2007-wenners (Kenia en Skotland). Tydens die T20I-wêreldbeker 2007 is 27 wedstryde gespeel, waaronder twaalf in die eerste rondte, twaalf in die Super Agt en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vier groepe van drie spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die Super Agt gekwalifiseer. In die Super Agt is die spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel, waarvan die twee beste spanne tot die halfeindrondte gevorder en die wenners van hierdie wedstryde mekaar in die eindstryd ontmoet het.

Australië, Indië, Nieu-Seeland en Pakistan het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Pakistan het Nieu-Seeland en Indië het Australië geklop, waardeur die twee aartsvyande Indië en Pakistan mekaar in die eindstryd ontmoet het. Indië het Pakistan in die eindstryd op Wanderers in Johannesburg met vyf lopies verslaan en sodoende die eerste T20I-wêreldkampioen geword.[4] Saam met hul oorwinnings tydens die Krieketwêreldbeker 1983 en die gedeelde titel met Sri Lanka tydens die Kampioenetrofee 2002 was dit Indië se derde internasionale kriekettitel. Die gasheer Suid-Afrika is in die Super Agt uitgeskakel.

Remove ads

Toewysing

Die Internasionale Krieketraad het Suid-Afrika as gasheer vir die T20I-wêreldbeker 2007 aangewys. Saam met die Krieketwêreldbeker 2003 en die Kampioenetrofee 2009 was dit een van drie groot kriekettoernooie wat in die 2000’s in Suid-Afrika aangebied is.

Deelnemers

Die volgende twaalf spanne het vir die T20I-wêreldbeker 2007 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika (gasheer), Wes-Indië en Zimbabwe het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2007 gekwalifiseer. Kenia en Skotland het as wenners van die Wêreldkrieketliga se afdeling een 2007 vir dié toernooi gekwalifiseer.[5]

Thumb
Uitslag van die T20I-wêreldbeker 2007-kwalifisering; altesaam 16 lande het deelgeneem.

 Gasheer

 Volle lede van die Internasionale Krieketraad (IKR)

 Wenner van die kwalifisering

 Versuim om te kwalifiseer

 Nie deelgeneem nie

Meer inligting Span, Kwalifiseringmetode ...
Remove ads

Stadions

Die eerste T20I-wêreldbeker is op drie Suid-Afrikaanse stadions beslis. Altesaam 27 wedstryde is tydens die T20I-wêreldbeker 2007 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd.

Meer inligting Kaapstad, Durban ...

Formaat

Die T20I-wêreldbeker 2007 is oor 14 dae tussen twaalf verskillende spanne oor 27 wedstryde beslis. Dit het op 11 September 2007 op Wanderers in Johannesburg met die openingswedstryd tussen die gasheer Suid-Afrika en Wes-Indië begin. Die toernooi het geëindig op dieselfde stadion op 24 September met die eindstryd tussen Indië en Pakistan, waartydens Indië die T20I-wêreldbekertrofee ingepalm het.

Kalender

Die volgende tabel dui die T20I-wêreldbeker 2007 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n siaan blokkie op die Super Agt, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Meer inligting Eerste rondte September, Di 11 ...

Groepe

Die eerste rondte is op die volgende stede verdeel:

  • Groep A: Johannesburg en Kaapstad
  • Groep B: Kaapstad
  • Groep C: Durban en Johannesburg
  • Groep D: Durban

Eerste rondte en Super Agt

Die T20I-wêreldbeker 2007 is deur twaalf nasionale krieketspanne beslis. Vir die eerste rondte is die twaalf deelnemende spanne in vier groepe van drie spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span twee wedstryde in die eerste rondte gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van elke groep het na die Super Agt deurgedring.

In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), is die wedstryd deur ’n uitboul beslis. Dit was van toepassing in alle fases van die toernooi.[6] ’n Uitboul is ingespan vir die beslissing van een wedstryd, naamlik die tussen Indië en Pakistan in Groep D op 14 September.

Die Super Agt is deur agt spanne in twee groepe van vier spanne elk beslis, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel het, dus het elke span drie wedstryde in die Super Agt gespeel. Die kwalifisering was gegrond op dieselfde kriterias as in die eerste rondte.[7]

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die Super Agt-groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wenner deur ’n uitboul bepaal.

Remove ads

Skeidsregters en wedstrydbeamptes

’n Paneel van nege skeidsregters en drie wedstrydbeamptes is vir die toernooi ingespan.[8]

Skeidsregters

Wedstrydbeamptes

Remove ads

Wedstryde

Kitsfeite

Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die eerste rondte, die Super Agt en die uitklopfase. Die groepe is bepaal volgens die IKR se T20I-ranglys soos op 1 Maart 2007.

Eerste rondte

Twaalf spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die Super Agt deurgedring.

Groep A

Thumb
Wedstryd tussen Bangladesj en Suid-Afrika in Kaapstad tydens die T20I-wêreldbeker 2007
Meer inligting Span, S ...
11 September 2007
18:00 (SAST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
205/6 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
208/2 (17.4 boulbeurte)
Chris Gayle 117 (57)
Johan van der Wath 2/33 (4 boulbeurte)
Herschelle Gibbs 90* (55)
Fidel Edwards 1/21 (3 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met agt paaltjies
Wanderers, Johannesburg
Skeidsregters: Mark Benson (Eng) en Daryl Harper (Aus)
Speler van die wedstryd: Chris Gayle (WI)
  • Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Vernon Philander en Morné Morkel (albei RSA), asook Ramnaresh Sarwan en Fidel Edwards (albei WI) het hul T20I-debuut gemaak.
  • Chris Gayle (WI) teken die eerste amptelike T20I-honderdtal en die eerste T20I-wêreldbekerhonderdtal aan.[9][10] Hy moker ook die destyds meeste sesse in ’n T20I-beurt (tien).[11][12]
  • Sy honderdtal is ook die destyds vinnigste in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd in slegs 50 aflewerings[12] – later oortref deur homself in slegs 47 aflewerings tydens die 2016-toernooi.[13]
  • Die Wes-Indiese vennootskap om die eerste paaltjie met 145 lopies tussen Chris Gayle en Devon Smith is die destyds hoogste in T20I-krieket[12] – later oortref deur Graeme Smith en Loots Bosman vir Suid-Afrika teen Engeland in 2009.[14]
  • Dit is Wes-Indië se destyds hoogste T20I-wêreldbekertelling[12] – later geëwenaar teen Australië tydens die 2012-toernooi en oortref teen Afghanistan tydens die 2024-toernooi.[15]
  • Met 28 breek Wes-Indië sy eie rekord van afgestane ekstras in ’n T20I-wedstryd (vier loslopies, 23 wydlopers en een geenbal).[12]
13 September 2007
10:00 (SAST)
Telkaart
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
164/8 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Bangladesj Bangladesj
165/4 (18 boulbeurte)
Devon Smith 51 (52)
Shakib Al Hasan 4/34 (4 boulbeurte)
Aftab Ahmed 62* (49)
Ramnaresh Sarwan 2/10 (2 boulbeurte)
Bangladesj wen met ses paaltjies
Wanderers, Johannesburg
Skeidsregters: Mark Benson (Eng) en Nigel Llong (Eng)
Speler van die wedstryd: Mohammad Ashraful (Ban)
  • Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Mohammad Ashraful (Ban) teken die destyds vinnigste T20I-vyftigtal aan (in 20 aflewerings) – later oortref deur Yuvraj Singh tydens dieselfde toernooi (in twaalf aflewerings).[16]
  • Suid-Afrika en Bangladesj vorder hiermee tot die Super Agt.
  • Wes-Indië is hiermee uit die toernooi geskakel.
15 September 2007
18:00 (SAST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Bangladesj Bangladesj
144 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
146/3 (18.5 boulbeurte)
Aftab Ahmed 36 (14)
Shaun Pollock 3/40 (3.3 boulbeurte)
Albie Morkel 41 (29)
Abdur Razzak 2/26 (4 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met sewe paaltjies
Nuweland, Kaapstad
Skeidsregters: Asad Rauf (Pak) en Tony Hill (NZ)
Speler van die wedstryd: Morné Morkel (RSA)
  • Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • JP Duminy (RSA) het sy T20I-debuut gemaak.

Groep B

Meer inligting Span, S ...
12 September 2007
18:00 (SAST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Australië Australië
138/9 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
139/5 (19.5 boulbeurte)
Brad Hodge 35* (22)
Elton Chigumbura 3/20 (3 boulbeurte)
Brendan Taylor 60* (45)
Stuart Clark 2/22 (4 boulbeurte)
Zimbabwe wen met vyf paaltjies
Nuweland, Kaapstad
Skeidsregters: Asad Rauf (Pak) en Tony Hill (NZ)
Speler van die wedstryd: Brendan Taylor (Zim)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Tatenda Taibu, Vusi Sibanda en Tawanda Mupariwa (almal Zim), asook Brad Hodge en Mitchell Johnson (albei Aus) het hul T20I-debuut gemaak.
13 September 2007
14:00 (SAST)
Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
188/9 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
138/7 (20 boulbeurte)
Kevin Pietersen 79 (37)
Elton Chigumbura 4/31 (4 boulbeurte)
Brendan Taylor 47 (39)
Dimitri Mascarenhas 3/18 (4 boulbeurte)
Engeland wen met 50 lopies
Nuweland, Kaapstad
Skeidsregters: Asad Rauf (Pak) en Tony Hill (NZ)
Speler van die wedstryd: Kevin Pietersen (Eng)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Luke Wright, Darren Maddy en Chris Schofield (almal Eng) het hul T20I-debuut gemaak.
  • Dit is Engeland se destyds grootste T20I-wêreldbekeroorwinning volgens aantal lopies – later oortref teen Afghanistan tydens die 2012-toernooi.[17]
14 September 2007
14:00 (SAST)
Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
135 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Australië Australië
136/2 (14.5 boulbeurte)
Andrew Flintoff 31 (19)
Nathan Bracken 3/16 (4 boulbeurte)
Matthew Hayden 67* (43)
Andrew Flintoff 1/25 (4 boulbeurte)
Australië wen met agt paaltjies
Nuweland, Kaapstad
Skeidsregters: Asad Rauf (Pak) en Ian Howell (RSA)
Speler van die wedstryd: Nathan Bracken (Aus)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • James Kirtley (Eng) het sy T20I-debuut gemaak.
  • Australië en Engeland vorder hiermee tot die Super Agt.
  • Zimbabwe is hiermee uit die toernooi geskakel.

Groep C

Meer inligting Span, S ...
12 September 2007
10:00 (SAST)
Telkaart
Vlag van Kenia Kenia
73 (16.5 boulbeurte)
t
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
74/1 (7.4 boulbeurte)
Collins Obuya 18 (25)
Mark Gillespie 4/7 (2.5 boulbeurte)
Lou Vincent 27 (20)
Thomas Odoyo 1/22 (3 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met nege paaltjies
Kingsmead, Durban
Skeidsregters: Billy Doctrove (WI) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Mark Gillespie (NZ)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Nehemiah Odhiambo en Maurice Ouma (albei Ken), asook Chris Martin en Daniel Vettori (albei NZ) het hul T20I-debuut gemaak.
  • Kenia teken die destyds laagste T20I-telling aan[18] – later oortref deur hulleself teen Ierland in 2008.[19]
  • Dit is Nieu-Seeland se destyds grootste T20I-oorwinning volgens aantal oorblywende aflewerings – later oortref teen Uganda tydens die 2014-toernooi.[20]
14 September 2007
10:00 (SAST)
Telkaart
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
260/6 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Kenia Kenia
88 (19.3 boulbeurte)
Sanath Jayasuriya 88 (44)
Jimmy Kamande 3/48 (4 boulbeurte)
Alex Obanda 21 (25)
Tillakaratne Dilshan 2/4 (1.3 boulbeurte)
Sri Lanka wen met 172 lopies
Wanderers, Johannesburg
Skeidsregters: Daryl Harper (Aus) en Nigel Llong (Eng)
Speler van die wedstryd: Sanath Jayasuriya (SL)
  • Kenia het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Jehan Mubarak en Gayan Wijekoon (albei SL) het hul T20I-debuut gemaak.
  • Dit is Sri Lanka se hoogste T20I-telling ooit en die hoogste destydse T20I-telling deur enige span[21] – later oortref deur Australië teen Sri Lanka self in 2016.[22]
  • Dit is Sri Lanka se grootste T20I-oorwinning ooit volgens aantal lopies.[23]
  • Sri Lanka en Nieu-Seeland vorder hiermee tot die Super Agt.
  • Kenia is hiermee uit die toernooi geskakel.
15 September 2007
14:00 (SAST)
Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
164/7 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
168/3 (18.5 boulbeurte)
Ross Taylor 62 (43)
Dilhara Fernando 2/31 (4 boulbeurte)
Sanath Jayasuriya 61 (44)
Daniel Vettori 2/23 (4 boulbeurte)
Sri Lanka wen met sewe paaltjies
Wanderers, Johannesburg
Skeidsregters: Mark Benson (Eng) en Daryl Harper (Aus)
Speler van die wedstryd: Sanath Jayasuriya (SL)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.

Groep D

Meer inligting Span, S ...
12 September 2007
14:00 (SAST)
Telkaart
Vlag van Pakistan Pakistan
171/9 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Skotland Skotland
120 (19.5 boulbeurte)
Younis Khan 41 (29)
Craig Wright 3/29 (4 boulbeurte)
Fraser Watts 46 (35)
Shahid Afridi 4/19 (4 boulbeurte)
Pakistan wen met 51 lopies
Kingsmead, Durban
Skeidsregters: Steve Davis (Aus) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Shahid Afridi (Pak)
  • Skotland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Dit is Skotland se eerste T20I-wedstryd.
  • Fraser Watts, Ryan Watson, Navdeep Poonia, Gavin Hamilton, Neil McCallum, Dougie Brown, Colin Smith, Majid Haq, Craig Wright, John Blain en Dewald Nel (almal Sco) het hul T20I-debuut gemaak.
13 September 2007
18:00 (SAST) (D/N)
Telkaart
t
Wedstryd afgelas sonder dat ’n bal geboul is.
Kingsmead, Durban
Skeidsregters: Steve Davis (Aus) en Simon Taufel (Aus)
  • Skotland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Gautam Gambhir, R. P. Singh, Robin Uthappa en Yuvraj Singh (almal Ind) het hul T20I-debuut gemaak.
  • Dit is die eerste T20I-wêreldbekerwedstryd wat afgelas is sonder dat ’n bal geboul is.
  • Pakistan vorder hiermee tot die Super Agt.
  • Skotland is hiermee uit die toernooi geskakel.
14 September 2007
18:00 (SAST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Indië Indië
141/9 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Pakistan Pakistan
141/7 (20 boulbeurte)
Robin Uthappa 50 (39)
Mohammad Asif 4/18 (4 boulbeurte)
Misbah-ul-Haq 53 (35)
Irfan Pathan 2/20 (4 boulbeurte)
Gelykop; Indië wen die uitboul met 3–0
Kingsmead, Durban
Skeidsregters: Billy Doctrove (WI) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Mohammad Asif (Pak)
  • Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Sohail Tanvir (Pak) het sy T20I-debuut gemaak.
  • Dit is die eerste T20I-wêreldbekerwedstryd wat gelykop geëindig het.[24]
  • Dit is ook die eerste – en laaste – T20I-wêreldbekerwedstryd wat deur ’n uitboul beslis is.
  • Indië vorder hiermee tot die Super Agt.

Super Agt

Kitsfeite

Agt spanne het aan die Super Agt deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep E

Meer inligting Span, S ...
16 September 2007
10:00 (SAST)
Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
190 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Indië Indië
180/9 (20 boulbeurte)
Brendon McCullum 45 (31)
Harbhajan Singh 2/24 (4 boulbeurte)
Gautam Gambhir 51 (33)
Daniel Vettori 4/20 (4 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met tien lopies
Wanderers, Johannesburg
Skeidsregters: Mark Benson (Eng) en Nigel Llong (Eng)
Speler van die wedstryd: Daniel Vettori (NZ)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
16 September 2007
18:00 (SAST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
154/8 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Engeland Engeland
135/7 (20 boulbeurte)
Albie Morkel 43 (20)
Stuart Broad 3/37 (4 boulbeurte)
Owais Shah 36 (31)
Albie Morkel 2/12 (2 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met 19 lopies
Nuweland, Kaapstad
Skeidsregters: Asad Rauf (Pak) en Tony Hill (NZ)
Speler van die wedstryd: Albie Morkel (RSA)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Jeremy Snape (Eng) het sy T20I-debuut gemaak.
  • Dit is Engeland se destyds ergste T20I-wêreldbekernederlaag volgens aantal lopies – later oortref teen Indië tydens die 2012-toernooi.[17]
18 September 2007
10:00 (SAST)
Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
164/9 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Engeland Engeland
159/8 (20 boulbeurte)
Craig McMillan 57 (31)
James Anderson 2/24 (4 boulbeurte)
Darren Maddy 50 (31)
Shane Bond 2/20 (4 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met vyf lopies
Kingsmead, Durban
Skeidsregters: Billy Doctrove (WI) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Craig McMillan (NZ)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
19 September 2007
14:00 (SAST)
Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
153/8 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
158/4 (19.1 boulbeurte)
Craig McMillan 48* (25)
Morné Morkel 4/17 (4 boulbeurte)
Justin Kemp 89* (56)
Mark Gillespie 2/11 (3.1 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met ses paaltjies
Kingsmead, Durban
Skeidsregters: Billy Doctrove (WI) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Justin Kemp (RSA)
  • Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Nathan McCullum (NZ) het sy T20I-debuut gemaak.
  • Engeland is hiermee uit die toernooi geskakel.
19 September 2007
18:00 (SAST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Indië Indië
218/4 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Engeland Engeland
200/6 (20 boulbeurte)
Virender Sehwag 68 (52)
Chris Tremlett 2/45 (4 boulbeurte)
Vikram Solanki 43 (31)
Irfan Pathan 3/37 (4 boulbeurte)
Indië wen met 18 lopies
Kingsmead, Durban
Skeidsregters: Billy Doctrove (WI) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Yuvraj Singh (Ind)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Rohit Sharma, Joginder Sharma (albei Ind) en Chris Tremlett (Eng) het hul T20I-debuut gemaak.
  • Yuvraj Singh (Ind) teken die vinnigste T20I-vyftigtal aan (in twaalf aflewerings) en oortref daarmee Mohammed Ashraful se vorige rekord tydens dieselfde toernooi (in 20 aflewerings)[16] en hy word ook die vierde krieketspeler in al die amptelike krieket en die eerste in T20I wat ses sesse in een boulbeurt moker. Stuart Broad was die bouler.[25]
  • Dit was die hoogste telling teen ’n toetsland tydens die toernooi.
20 September 2007
18:00 (SAST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Indië Indië
153/5 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
116/9 (20 boulbeurte)
Rohit Sharma 50* (40)
Shaun Pollock 2/17 (4 boulbeurte)
Albie Morkel 36 (37)
R. P. Singh 4/13 (4 boulbeurte)
Indië wen met 37 lopies
Kingsmead, Durban
Skeidsregters: Billy Doctrove (WI) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Rohit Sharma (Ind)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Dit is Indië se destyds grootste T20I-wêreldbekeroorwinning volgens aantal lopies – later oortref teen Engeland tydens die 2012-toernooi.[17]
  • Suid-Afrika moes 126 lopies aanteken om vir die halfeindrondte te kwalifiseer.
  • Nadat drie spanne op gelyke punte eindig vorder Nieu-Seeland en Indië met ’n beter lopietempo tot die halfeindrondte.
  • Suid-Afrika is hiermee uit die toernooi geskakel.

Groep F

Meer inligting Span, S ...
16 September 2007
14:00 (SAST)
Telkaart
Vlag van Bangladesj Bangladesj
123/8 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Australië Australië
124/1 (13.5 boulbeurte)
Tamim Iqbal 32 (40)
Brett Lee 3/27 (4 boulbeurte)
Matthew Hayden 73* (48)
Mashrafe Mortaza 0/27 (3.5 boulbeurte)
Australië wen met nege paaltjies
Nuweland, Kaapstad
Skeidsregters: Asad Rauf (Pak) en Ian Howell (RSA)
Speler van die wedstryd: Brett Lee (Aus)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Brett Lee (Aus) word die eerste bouler wat ’n driekuns in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd neem, toe hy Shakib Al Hasan, Mashrafe Mortaza en Alok Kapali (almal Ban) in drie agtereenvolgende aflewerings uitboul.[26][27]
17 September 2007
18:00 (SAST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Pakistan Pakistan
189/6 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
156/9 (20 boulbeurte)
Shoaib Malik 57 (31)
Lasith Malinga 3/43 (4 boulbeurte)
Chamara Silva 38 (27)
Shahid Afridi 3/18 (4 boulbeurte)
Pakistan wen met 33 lopies
Wanderers, Johannesburg
Skeidsregters: Daryl Harper (Aus) en Nigel Llong (Eng)
Speler van die wedstryd: Younis Khan (Pak)
  • Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
18 September 2007
14:00 (SAST)
Telkaart
Vlag van Australië Australië
164/7 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Pakistan Pakistan
165/4 (19.1 boulbeurte)
Michael Hussey 37 (25)
Sohail Tanvir 3/31 (4 boulbeurte)
Misbah-ul-Haq 66* (42)
Stuart Clark 3/27 (4 boulbeurte)
Pakistan wen met ses paaltjies
Wanderers, Johannesburg
Skeidsregters: Mark Benson (Eng) en Nigel Llong (Eng)
Speler van die wedstryd: Misbah-ul-Haq (Pak)
  • Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
18 September 2007
18:00 (SAST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
147/5 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Bangladesj Bangladesj
83 (15.5 boulbeurte)
Jehan Mubarak 31* (19)
Mahmudullah 1/19 (4 boulbeurte)
Aftab Ahmed 18 (11)
Sanath Jayasuriya 2/4 (1.5 boulbeurte)
Sri Lanka wen met 64 lopies
Wanderers, Johannesburg
Skeidsregters: Mark Benson (Eng) en Daryl Harper (Aus)
Speler van die wedstryd: Dilhara Fernando (SL)
  • Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Bangladesj teken die destyds laagste telling deur ’n toetsland in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd aan – later oortref deur Engeland teen Indië tydens die 2012-toernooi.[28]
  • Dit is ook Bangladesj se destyds laagste T20I-wêreldbekertelling – later oortref teen Nieu-Seeland tydens die 2016-toernooi.[28]
  • Pakistan vorder hiermee tot die halfeindrondte.
  • Bangladesj is hiermee uit die toernooi geskakel.
20 September 2007
10:00 (SAST)
Telkaart
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
101 (19.3 boulbeurte)
t
Vlag van Australië Australië
102/0 (10.2 boulbeurte)
Jehan Mubarak 28 (26)
Stuart Clark 4/20 (4 boulbeurte)
Matthew Hayden 58* (38)
Dilhara Fernando 0/12 (3 boulbeurte)
Australië wen met tien paaltjies
Nuweland, Kaapstad
Skeidsregters: Asad Rauf (Pak) en Ian Howell (RSA)
Speler van die wedstryd: Stuart Clark (Aus)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Dit is die eerste suksesvolle lopiejag met al die tien paaltjies in hande tydens ’n T20I-wêreldbekertoernooi en die hoogste wenuitslag volgens aantal paaltjies.[29]
  • Australië vorder hiermee tot die halfeindrondte.
  • Sri Lanka is hiermee uit die toernooi geskakel.
20 September 2007
14:00 (SAST)
Telkaart
Vlag van Bangladesj Bangladesj
140 (19.4 boulbeurte)
t
Vlag van Pakistan Pakistan
141/6 (19 boulbeurte)
Junaid Siddique 71 (49)
Shoaib Malik 2/15 (2 boulbeurte)
Shahid Afridi 39 (15)
Abdur Razzak 2/16 (4 boulbeurte)
Pakistan wen met vier paaltjies
Nuweland, Kaapstad
Skeidsregters: Ian Howell (RSA) en Tony Hill (NZ)
Speler van die wedstryd: Junaid Siddique (Ban)
  • Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Junaid Siddique (Ban) het sy T20I-debuut gemaak.

Uitklopfase

Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd op Wanderers in Johannesburg ontmoet het.

  Halfeindrondte Eindrondte
             
22 September – Kaapstad
 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 143/8  
 Vlag van Pakistan Pakistan 147/4   24 September – Johannesburg
     Vlag van Pakistan Pakistan 152
22 September – Durban    Vlag van Indië Indië 157/5
 Vlag van Indië Indië 188/5
 Vlag van Australië Australië 173/7  

Halfeindrondte

22 September 2007
13:00 (SAST)
Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
143/8 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Pakistan Pakistan
147/4 (18.5 boulbeurte)
Ross Taylor 37* (23)
Umar Gul 3/15 (4 boulbeurte)
Imran Nazir 59 (41)
Scott Styris 1/14 (3.5 boulbeurte)
Pakistan wen met ses paaltjies
Nuweland, Kaapstad
Bywoning: 18 734
Skeidsregters: Daryl Harper (Aus) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Umar Gul (Pak)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
22 September 2007
18:00 (SAST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Indië Indië
188/5 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Australië Australië
173/7 (20 boulbeurte)
Yuvraj Singh 70 (30)
Mitchell Johnson 2/31 (4 boulbeurte)
Matthew Hayden 62 (47)
S. Sreesanth 2/12 (4 boulbeurte)
Indië wen met 15 lopies
Kingsmead, Durban
Skeidsregters: Asad Rauf (Pak) en Mark Benson (Eng)
Speler van die wedstryd: Yuvraj Singh (Ind)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.

Eindstryd

24 September 2007
14:00 (SAST)
Telkaart
Vlag van Indië Indië
157/5 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Pakistan Pakistan
152 (19.3 boulbeurte)
Gautam Gambhir 75 (54)
Umar Gul 3/28 (4 boulbeurte)
Misbah-ul-Haq 43 (38)
Irfan Pathan 3/16 (4 boulbeurte)
Indië wen met vyf lopies
Wanderers, Johannesburg
Bywoning: 32 217
Skeidsregters: Simon Taufel (Aus) en Mark Benson (Eng)
Speler van die wedstryd: Irfan Pathan (Ind)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Yusuf Pathan (Ind) het sy T20I-debuut gemaak.


T20I-wêreldkampioen 2007
Vlag van Indië Indië
Remove ads

Statistiek

Finale puntestand

Thumb
Uitslag van die T20I-wêreldbeker 2007:

 Kampioen

 Naaswenner

 Halfeindrondte

 Super Agt

 Eerste rondte

 Nie deelgeneem nie

Hierdie tabel toon die finale puntestand van al die twaalf deelnemende nasionale krieketspanne in die T20I-wêreldbeker 2007.

Meer inligting Rang, Span ...

Meeste lopies en paaltjies

Meer inligting Naam, Lopies ...
Remove ads

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads