Kapteyn se Ster

From Wikipedia, the free encyclopedia

Kapteyn se Ster
Remove ads

Kapteyn se Ster is ’n klas M1-ster (rooidwerg) sowat 12,76 ligjare van die Aarde af in die suidelike sterrebeeld Skilder, en die naaste halo-ster aan die Sonnestelsel. Met ’n skynbare magnitude van byna 9 is dit deur ’n verkyker of klein teleskoop sigbaar.[3]

Kitsfeite

Sy deursnee is 30% van dié van die Son, maar sy helderheid is net 0,1% van die Son s’n. Dit kon eens deel van die bolswerm Omega Centauri gewees het; laasgenoemde is waarskynlik ’n dwergsterrestelsel wat lank gelede deur die Melkweg opgeneem is. Die ontdekking van twee planete, Kapteyn b en Kapteyn c, is in 2014 bekend gemaak.

Remove ads

Geskiedenis

Thumb
’n Vergelyking van die grootte van Kapteyn se Ster met dié van ander voorwerpe in die Sonnestelsel.

Die ster wat nou as Kapteyn se Ster bekend is, is oorspronklik in 1898 deur die Nederlandse sterrekundige Jacobus Kapteyn ontdek.[7] Terwyl hy na kaarte en fotoplate gekyk het, het hy die ster se hoë eiebeweging van meer as 8 boogsekondes per jaar opgemerk. In dié tyd was dit die ster met die hoogste eiebeweging. Met die ontdekking van Barnard se Ster in 1916[8] het Kapteyn se Ster afgesak na die tweede plek, waar dit steeds is.[4][9] In 2014 is die ontdekking van twee super-aarde-eksoplanete in ’n wentelbaan om die ster aangekondig.[10]

Remove ads

Eienskappe

Volgens parallaksmetings met die Hipparcos-satelliet[2] is Kapteyn se Ster sowat 12,76 ligjare van die Aarde af.[2] Dit het sowat 10 800 jaar gelede tot 7 ligjare van die Son af gekom, maar het sedertdien wegbeweeg.[11] Dit is tussen ’n kwart en ’n derde van die Son se grootte en massa, en teen sowat 3 500 K is dit baie koeler.[4] Die sterreklassifikasie is sdM1,[1] wat daarop dui dat dit ’n subdwergster is – met ’n helderheid laer as dié van ’n hoofreeksster van dieselfde spektraaltipe (M1). Die metaalinhoud van die ster (ander elemente as waterstof en helium) is sowat 14% van die Son s'n.[12][13] Dit is ’n veranderlike ster van tipe BY Draconis met die naam VZ Pictoris. Dit beteken die helderheid van die ster verander vanweë magnetiese aktiwiteite in die chromosfeer en die rotering van die ster, wat daartoe lei dat die stervlekke in en uit ons gesigveld beweeg.[6]

Kapteyn se Ster het ’n aantal besonderse eienskappe: dit het ’n hoë radiale snelheid,[9] beweeg in die Melkweg in ’n retrograde rigting (in die teenoorgestelde rigting as ander sterre)[4] en is die naaste halo-ster aan die Son.[14] Dit is deel van ’n groep sterre wat saam deur die ruimte beweeg, bekend as die Kapteyn-groep.[15] Vanweë hul hoë element-inhoud word geglo hulle was eens lede van Omega Centauri, ’n bolswerm wat waarskynlik die oorblyfsel is van ’n dwergsterrestelsel wat met die Melkweg saamgesmelt het.[4][16][17]

Remove ads

Planeetstelsel

Thumb
Jacobus Kapteyn, die Nederlandse sterrekundige wat Kapteyn se Ster ontdek het.

In 2014 is aangekondig Kapteyn se Ster het twee eksoplanete, Kapteyn b en Kapteyn c. Eersgenoemde is die oudste bekende moontlike bewoonbare planeet; dit is nagenoeg 10 miljard tot 11 miljard jaar oud.[10]

Meer inligting Planeet of skyf (vanaf ster), Massa ...

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads