Kroate

From Wikipedia, the free encyclopedia

Kroate
Remove ads

Die Kroate (Kroatiese meervoud: Hrvati, [xrʋăːti], enkelvoud: Hrvat) is 'n Slawiese nasie en etniese groep inheems aan Kroasië en aangrensende lande van die Balkanskiereiland, wat Kroaties, 'n Suid-Slawiese taal, as moedertaal praat. Hulle vorm die titulêre nasie van Kroasië en maak volgens die laaste sensus van 2011 omtrent 90% van dié land se bevolking uit. Daarbenewens vorm Kroate volgens die grondwet saam met Bosniake en Serwiërs die titulêre nasie van Bosnië en Herzegowina en maak volgens die laaste sensus van 1996 omtrent 15% van dié land se bevolking uit. Die meeste Kroate is aanhangers van die Rooms-Katolieke Kerk (86%).

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Kroaties.
Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...
Thumb
Die Kroate se aankoms aan die Adriatiese See se kus – skildery deur Oton Iveković in 1905
Thumb
Kroning van Tomislav I tot die eerste koning van Kroasië – skildery deur Oton Iveković in 1904/05

Wêreldwyd leef tussen 7,5 en 8,5 miljoen Kroate, waarvan sowat 3,9 miljoen in Kroasië en 553 000 in Bosnië en Herzegowina. Daarbenewens vorm Kroate belangrike minderhede in Oostenryk, Serwië, Slowenië en Montenegro. In Oostenryk leef Kroate veral in die deelstaat Burgenland, waar die dialek Burgenlandkroaties saam met Duits en Hongaars die amptelike tale vorm. In Serwië leef die meeste Kroate in die streek Vojvodina saam met ander erkende minderhede, waar Kroaties saam met ander die amptelke tale vorm.

Kroate het oor eeue heen in lande van die Amerikas, Wes-Europa en Oseanië soos die Verenigde State (tussen 414 714 en 1,2 miljoen), Argentinië (250 000), Duitsland (227 510), Chili (tussen 200 000 en 380 000), Australië (tussen 126 264 en 250 000) en Kanada (114 880) gevestig. In Suid-Afrika leef sowat 8 000 Kroate. Vandag leef sowat een helfde van al die Kroate in Kroasië en die ander helfde in die wêreldwye diaspora.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads